Dis nou Ama-Bulls in wegwedstryde

ama-bulls

Die Bulls se ondersteuners gaan vanoggend straks in hul graanvlokkies verstik as hulle die nuwe wegwedstryd-truie van die Bulls se Superrugbyspan te siene kry.

Die kanariegeeltrui, eie aan Bafana Bafana en Mamelodi Sundowns se sokkerspanne, is Vrydagaand bekend gestel. Die Bulls bring hiermee glo hulde aan Sundowns, hul buurmansokkerklub, wat die naweek teen Orlando Pirates speel.

Die Bulls, wat in die verlede al in pienk- en ook in kameo-truie gespeel het, wil hul teenstanders in “Bafana Ba-styl” en met “Brasiliaanse flair” mesmeraais.

Die Bulls sal in ligblou broeke en wit kouse speel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Veritas ·

In Bafana-styl mesmeraais. M.a.w alles verloor. Waaroor die Bulls dié nonsens aanvang, weet nugter. Soos dit is, is Loftus se pawiljoene leeg en nou gaan dit nog erger gaan. Dink die Bulls bestuur dalk dat Bafana-en Sundowns ondersteuners nou Loftus gaan volpak? Wat ‘n spul vaak visse.

Zach ·

Net soos onse liewe regeering, voel die bloubul maatskapy, niks vir ons Bloubul tradisie nie. En ek se ons tradisie ! Want dis nie hulle sin nie ! Dis nie hulle sin, om te maak en breek soos hulle goed dink nie.
#Van Graan must go !

Skokkend ·

Hulle speel in elkgeval so vrot wie gee om waarin hulle speel of wie hulle is.

Niklaas ·

Gelukkig is ek nie n Bulle ondersteuner nie , maar vir hierdie gekheid kan ek net my kop skud. Dalks gaan dit finansieel so sleg met hulle dat hul bestuur Loftus wil bied hoofsaaklik aan jillende sokker skares. Daar moet tog n motief wees vir hierdie vreemde besluit om daai eens trotse blou trui meer dikwels weg te bêre.

Flip ·

Dankie tog! Ek het dit oorweeg om vir my en my vrou seisoen kaartjies te koop, maar van Graan en sy bestuurspan het my sopas n paar rand gespaar. Sterkte aan die BBM en julle besoekers getalle asook die ander mense wat op n Saterdag n geldie gemaak het by Loftus……

Joe ·

Julle Bulle word n’ grap. Dis nou hoe jy minder toeskouers gaan trek.

What a joke! ·

Hahaha …ai dis regtig snaaks! Ek was eens n bul ondersteuner wat blou bul rugby ondersteun het, nou lag ek net lekker vir die klomp idiote!

Snuffels ·

Hoop die kaartjie pryse is dieselfde as die sokker…jy kan daar wees, moet net nie n wen verwag nie. Lyk soos wanneer my vrou haar Bafana trui aan het, dan weet ek, aint no scoring tonight!

Rianto ·

Genade dit is lelik. So lelik dis nie eers nodig om baie hieroor te se nie… lelik!!

Jaybee ·

Ag asseblief, wie keur sulke belaglikhede goed eers was dit pink en nou dit. Die Blou Bul bestuur is beslis besig om al die ondersteuners weg te jaag. Ná 40 jaar se ondersteuning is ek nou finaal klaar met die blou bul sirkus.

Rianto ·

As jy gaan sokker kyk verwag jy n lae of geen telling aan die einde van wedstryd. Berei die Bulle ons dalk voor vir dieselfde? Lol….

bgj van der westhuizen ·

wel wel blou bulle raak nou geel bulle wel nou steen ek geen ruby meer nie wand almal val uit mekaar wil hulle nie ,aar vir hulle piek onder broeke ook gee nie wand die blou bulle is die nuwe narre van die land se sport

Herman Goosen ·

Dit is nou SA logika. Ons vat ‘n wenspan se kultuur weg en vervang dit met simbole van sukkelaars om polities korrek te wees. Sulke besluite gaan SA rugby nie net ongekende skade aandoen nie, maar ook die toekoms van menige sportman vernietig. Alhoewel ek ‘n Cheetah man is vind ek dit tragies dat sulke dinge gebeur met ‘n span wat geen rede behalwe swak bestuur het om so pateties uit te draai nie.

Ek het vir die eerste keer in my lewe medelye vir Blou Bul ondersteuners.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.