Dis òf raakvat òf mistas vir die Vrystaat Cheetahs

Dis een van daardie besluite wat dalk nie baie gewild by van die ander bonde sal wees nie, want dit kan die mat onder die Goue Leeus, of een van die ander spanne, in vanjaar se Curriebekerreeks uitpluk.

As die Vrystaatt Cheetahs Vrydagmiddag in Bloemfontein teen die Blou Bulle vasval, is hulle met die rug teen die muur, want dan moet hulle die Goue Leeus aanstaande Saterdag op Ellispark klop om tot die halfeindronde van die Curriebekerreeks deur te dring.

Sedert die Cheetahs (dis nou die Superrugbyspan) in vanjaar se Pro14-reek hul buiging gemaak het en voorkeur aan hierdie reeks gegee is, is jong en onervare spelers vir die Vrystaat Cheetahs se Curriebekerspan gekies om die gate toe te stop. Die Vrystaat sukkel sedert die Pro14-reeks begin het en het nog net een van hul vier wedstryde gewen en die ander drie ver verloor.

Maar nou kom die bond voor ʼn moeilike keuse te staan.

Die Cheetahs speel Vrydagaand (ná die Curriebekerwedstryd tussen die Vrystaat en die Blou Bulle) in die Pro14-reeks teen die Glasgow Warriors. Dié reeks  word vir twee naweke onderbreek en eers weer in die naweek  van 27/28 Oktober hervat, wanneer die Cheetahs teen Zebre speel.

Wat maak jy nou? As die Vrystaat teen die Blou Bulle verloor, kies jy dan jou beste span (Cheetahs én Vrystaat-spelers) om teen die Leeus te speel om dalk ʼn tuishalfeind te beklink? Of gee jy die Cheetahsspelers ʼn ruskans en verloor jou houvas op die Curriebeker?

Ook, wat sal gebeur as dié span dan tot die halfeindronde of eindstryd deurdring?

Wie kies jy, veral as die ander bonde dalk van hul terugkerende Bokke kan gebruik?

Dit behoort ʼn maklike keuse te wees!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

chris ·

Skrywer kom by .Cheetas het ten minste laaste 3 wedstryde gewen.

Kiepie ·

Chris kom by. Die skrywer bedoel die Vrystaat het drie van hul 4 wedstryde in die Curiebekerreeks verloor sedert die Pro14 begin het. “‘n Goeie begrip . . . .”

Hewitt ·

Hahaha!!!! Mooi so Kiepie, vat hom fluffy!!!! Soms sukkel mense maar om te lees en lekker te verstaan! Hy praat te vinnig en nou voel hy soos ‘n neut!

trublu ·

Die cheetahs is n ongelooflike span….eersten maak hulle ons trots in die PRO14 en dan speel hul jong curriebeker span flippen goeie rugby en kry die jonges baie goeie blootstelling…..as n bloubul is ek baie trots op die cheetahs!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.