Dis tyd vir `n rugby-indaba

SA rugby is deurmekaar (Foto: woligovabe.xlx.pl)

SA rugby is deurmekaar (Foto: woligovabe.xlx.pl)

Jimmy Stonehouse sê hy sou nie Japan toe gegaan het as hy die land se groot tekort aan Superafrigters kon voorsien nie.

Ons Superspanne suig aan die agterste speen. Dis nie nuus nie. Dat daar niks aan gedoen word, is ook nie nuus nie. Dat elke unie in `n ander rigting trek ook nie. Dat die Kiwi’s banger is om in Australië as in Suid-Afrika te speel, is dalk nuus.

Stonehouse het die week laat blyk dat hy dalk in die land sou gebly het as hy geweet het daar gaan drie Superposte vakant raak (plus natuurlik die Southern Kings s`n wat ook beskikbaar is).

Dit sou `n groot rol gespeel het sê die man wat die Pumas verlede jaar – met hul karige talent en al – weer laat opstaan het.

Stonehouse het Woensdag genoem dat hy sy naam in die hoed gegooi het vir die Sharks, Bulls en die Southern Kings.  Hy is ook deur “een of twee” unies genader.

Ons gaan al vinniger agteruit

Intussen skryf die NZ Herald statistieke toon dat die Kiwi’s se Superspanne eerder in die Republiek kom toer, ondanks die lang vlugte, ons fisieke styl en die hoogte bo seevlak. Sedert 2011 het Kiwispanne 44,2% van hul wedstryde in die Republiek gewen en net 33,3% teen Wallabyspanne. Wat tuiswedstryde betref, is dit amper 76% seges teen SA spanne teenoor net 71% teen die Aussies.

♦ Op die oomblik sit ons en kyk hoe ons sewespan verswak en `n goeie voorsprong verloor.

♦ Net een van ons spanne het by Superrugby se uitspeelfase betrokke geraak, en dan ook maar in die sewende plek en deur die agterdeur wat Sanzar geskep het.

♦ Sodra ons o.20s teen sterk opposisie speel wat nie fisiek domineerbaar is nie, ontspoor hulle heeltemal.

Hoekom moet afrigters soos Stonehouse, Allister Coetzee, Alan Solomons, Jake White en selfs Os du Randt hul heil oorsee gaan soek? Voeg hierby die naam van John Plumtree wat al sedert die 1980s nou bande met Suid-Arika het, Natal in 1990 sy eerste Curriebeker laat wen het en vir die Blitsbokke gespeel het.

Hoekom is `n rugbybrein soos Brendan Venter nie méér betrokke nie? Dalk oor die fyngevoeligheid van gepamperlangde spelers? Kan die unies dit verander en `n slag met moderne idees vorendag kom?

Die spel het aanbeweeg, maar ons afrigters en ons spelers het gestagneer. `n Rugby-indaba is broodnodig oor speelstyl, afrigting van skoolvlak af boontoe en die wyse waarop unies aan uitgediende afrigtingspersoneel vashou.

Die eerste geleentheid is seker ná die Wêreldbeker, wanneer ons straks ook wyser sal wees. Of dit sal gebeur, is natuurlik `n heel ander kwessie. Maar die gevaarligte brand helder. Dis `n kwessie van saamstaan, of onder gaan.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Christo du Plessis ·

Ons prima donna spelertjies is die groot oorsaak van al ons probleme. Daar is geweldige druk op die afrigters en niemand kan perform as hulle heeltyd op eiers moet loop nie. Aan die ander kant kom die spelers met moord weg. En word week na week gekies. En die Matfield situasie help ook nie…

Chris ·

Hanno, ek byt maar moeilik aan die idee van ou snorte, hoor. Hy het n kampioenspan wat 2de op die ranglys was by Jake White oorgeneem. Na hy klaar was, lê ons toe 4de op die ranglys. Toe Meyer oorneem, le ons aan die einde van sy 1ste jaar darem weer 2de! Kanse is egter dat hy dalk meer sukses op Superrugby vlak sal he.

Sakkie van Heerden ·

Stem saam met die skrywer dat ons nie voorentoe beweeg met ons tref en trap rugby nie. Al die New Zealandse spanne speel dieselfde rugby en ons gaan swaar gestural word as ons aanhou om besit weg te skop.

Weskaper ·

Ek se dit al die jare en se dit weer: Ek het niks teen gekleurde spelers nie, daar is baie goeie rugbyspelers wat al ons land verteenwoordig is het op meriete maar ongelukkig kan jy dit nie van almal se nie. Ons afrigters moet altyd kwota getalle in sy agterkop he, dit geld ook by die kontraktering van spelers, unies moet van hulle kontrakteer net om aan die vereiste te voldoen. Dit kom van skolevlak af. Baie goeie spelers gaan deurdeur verlore.
Ons rugby sal weer regkom as alle spanne op meriete gekies kan word, soos die geval is met sokker en alle oorsese lande, sokker kies hul beste spelers ongeag of almal swart is, dit hoort so.
Ek se weer ek is nie rasisties nie maar ware feite kan nie weggelaat word nie.

Weskaper ·

Enigste oplossing kies beste span op meriete vanaf skolevlak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.