Dit was weer lekker om ʼn Bok-ondersteuner te wees

Aphiwe Dyantyi – die vreugde van ʼn eerste toetsdrie (Foto: GB Jordaan)

Dís mos soos dit hoort.

Wanneer die Springbokke, Wallabies,  All Blacks en die Poemas in Junie teen die keur van die Noordelike Halfrond speel, behoort hulle te seëvier.

Dit is in die middel van hul seisoen en die plaaslike toestande behoort in hul guns te wees, want die toerspanne is aan die einde van hul seisoen voos gespeel.

Wanneer Engeland, Ierland, Wallis en Skotland aan die einde van die jaar teen spanne van die Suidelike Halfrond  speel, behoort die skoen mos aan die ander voet te wees.

Die Suidelike Halfrond is ná die naweek met 3-1 voor ná die Bokke die Engelse met 42-39 geklop het, die Wallabies die Iere met 18-9 gestuit het, die All Blacks die Franse met 52-11 verniel het, maar die Poemas met 10-23 teen Wallis vasgeval het.

Daar is eintlik ʼn baie klein gapinkie tussen die wêreld se voorste agt spanne en dis hoekom daar groot skommelings in Junie en weer November op die wêreldranglys te wees.

Handre Pollard, wat Saterdag op die aanval en met sy werkverrigting uitgeblink het (Foto GB Jordaan).

Die All Blacks en Iere behoort in die eerste en tweede plekke op die ranglys te bly, maar die Engelse sal beslis afskuif en die Bokke en Wallis op.

Wat kan ʼn mens leer uit die naweek se kragmetings?

Dat die oud-Springbokafrigter, Allister Coetzee, kwaai kleigetrap het met sy spankeuses en spelpatroon. Dis geen geheim nie, want hy het Springbokrugby op sy knieë gedwing.

Geoordeel aan Saterdag se vertoning teen Engeland, hoe kon Coetzee vir Willie le Roux en Faf de Klerk eenkant toe gegooi het? Hoe kon hy Duane Vermeulen nie behoorlik benut het nie?

Ja, hulle het nie baie selfvertroue gehad nie; en ja, hulle spel het agteruit geboer en ja, van ons skeptici het in ʼn paar gevalle met hom saamgestem.

Soos kollega Wim van der Berg tereg opmerk, een swaeltjie maak nie ʼn somer nie, maar as Bokke op hul vertoning kan voortbou, is daar mos baie lig in die tonnel.

Dit sal nie makliker gaan nie. Ek is seker die Engelse sal opstaan en terugveg, maar nou is Eddie Jones met die rug teen die muur en moet hy die skerwe optel.

Op die Bokke wag daar ook baie werk, soos hul verdedigingspatrone, maar die boustene is gelê en nou kan van die diamante wat ontdek is, geslyp word.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Koos ·

Die Bokke het gewen ten spyte van al die kwotas wat hulle moet saamsleep? Dis gewis ‘n prestasie. Dink net hoe sal hulle vaar as die beste span gekies mog word. Is dit waar dat die nuwe kaptein nie veel gedoen het nie?

rollie ·

Jy’s natuurlik heeltemal verkeerd. Kolisi het goed gespeel en gelei in teenstelling met sy flank-maat wat heeltemal uit die bus uitgeval het (het Du Preez gespeel?). Al die swart spelers het goed gespeel, selfs Mbonambi. Ek weet nie of ek dieselfde kan sê van spelers soos Louw en Du Preez nie. Swart spelers in hul plekke vir die volgende toets kan die span versterk.

mirrie raubenheimer ·

dit was al die stress en dui vashou die moeite wrrd! dit is nog nie soos in 1995 nie, maar ai, rassie het my weer laat moed skep. wel gedaan manne!! maak nou net wat nog verkeerd is reg. hier kom n ding!

Gerhard ·

Daar is natuurlik twee vrae wat opkom wanneer iemand praat oor SA-Rugby. Die eerste is hoe lank voor rastellende aksie enige goeie werk tot niet maak, die tweede is hoe lank is die blanke Afrikaner bereid om iets te ondersteun waar hy nie welkom is nie maar geld vir alles betaal.

Lerato ·

Gerhard
Op grond waarvan beweer jy dat die ” blanke Afrikaner” nie meer mag rugby speel of kyk nie?

Wesley ·

Die blanke afrikaner is nog baie verteenwoordig in die Bokspan en in elke provinsiale span teenwoordig. Die bok afrigter is blank afrikaner. Helfte van die span is ook. Rugby is in ons bloed. Glad nie n slegte ding nie. Maar ons is n diversiele nasie. En die span wys dit ook. Kaptein van die township, teen baie slegte omstandighede geveg om te kom waar hy is. Spelers van kleur in elke posisie. Amper n volle swart voorry op meriete gekies gister. Wie kan se daai van kleur in die span was nie op meriete gekies nie? Mbonambi was yster. As Marx terug is sal hy weer plek inneem maar glad nie n slegte plekhouer nie. Nkosi en Dyantyi, wat meer kan ek se? Almal as span wakker geword en toe kliphard gespeel. Die rasse storie raak nou afgesaag. Pak weg daai kaartjie asb.

DHK ·

Lerato, Gerhard het geensins beweer die blanke Afrikaner mag nie meer rugby kyk of speel nie. Jy lees iets in sy kommentaar wat hy nie gesê het nie. Kyk gerus na Rollie en Wesley se kommentare dan sal jy die strekking van Gerhard sin verstaan.

king kong . ·

Die probleem strek veel dieper as net rugby Lerato veel dieper!
Om daarin met kwotas te krap is maar net nog n bewys hoe die anc politiek sy wil afdwing op die blankes in Suid Afrika! Dit strek van plaasaanvalle wat geignoreer word,grondonteining, tot rassehaat wat aangeblaas word deur die malemas teenoor die blankes sonder optredes, tot regstellende aksie waar die blanke in Suid Afrika ontneem word van regverdige geleenthedes.
Verder word sy regte en sy kultuur en selfs sy taal onderdruk ne Lesufi ! As die bontebokke wen en nogmaals wen bewys dit dat mense soos ek verkeerd is Lerato,dat die spelers daar die bestes is gekies op meriete! Maar as hulle verloor moet jul maar kritiek verwag!

Twak! ·

Waar is die blanke verteenwoordig in Bafana bafana en staatswerks geleenthedes in Suid Afrika Weezley ???

Ronald Odendaal ·

Ek dink elke Springbok speller kan trots wees op himself. Ek sien net uit na die dag dat ons onself nie meer beroep op spelers wat alreeds die land verlaat het om elders te speel om te heroep word om vir die Springbokke te speel. Hulle vat kanse weg van lojale spelers wat in die land bly.Ons moet immers n nuwe span bou vir die toekoms. Of hoe?

What a joke! ·

Ha ha ha lekker lag ek nou…was dit nie vir daai einste spelers wat jy so wil uitsluit die buitelandse spelers het die bontebok span in die hek geduik ou maat…

Wesley ·

Lerato, ek kan nie praat vir Koos en seker meerderheid van ons as wit mense nie, maar ek kan jou se dit is waar vir n baie klein minderheid. Sodoende dink ek ons moet liewer sulke mense ignoreer en nie debateer daaroor nie. Die ingelse gesegde is maar dont try and argue with an idiot. He will pull you down to his level and beat you with experience.

DHK ·

Baie waar “ingelse” gesegde – dis juis hoekom ek nie met jou sal debateer nie.

pbotha ·

Kom ons leef verby wit en swart asb?? Ek was trots Bok gister….ongeag kleur. Parkeer vir n slag jou ossewa elders en geniet die diversiteit in ons Bokspan. Die 2 vleuels was briljant!!

DHK ·

Wees trots en geniet gerus jou diversiteit, ek is trots en geniet my Afrikanerskap en my herkoms – ossewa en al!

Duiwelsadvokaat ·

Ja dis lekker dat die bokke weer gewen het na die absolute onbevoegde Toetie se termyn as bok afrigter. SARU moet egter nie ‘n klop op die skouer verwag met hierdie kunsmatige getransformeerde span nie, aangesien dit blote ‘window dressing’ is, en ek die idee kry dis belangriker om te sê dat dit die eerste swart kaptein is, of dat dit die eerste swart voorry sal wees in geskiedenis. Ware transformasie in rugby is die laaste 23 jaar ook “gewindow dress” deur die regering, deur nou en dan ‘n paar klinieke in die townships te hou en ‘n paar balle rond te gooi, en dan net weer te verkas. As ons wil praat van ware transformasie, sal ‘n swart township seun die toets gratis op tv kon sien (?), en maandag by rugby oefening (hoeveel het rugby as skoolsport in townships?) op sy skool (township skool en nie posh Grey nie) se rugbyveld (wat klaaglik afwesig is in townships) vir sy afrigter (hoeveel swart onnies vergeleke met wit onnies rig rugby af?) vertel van sy bokhelde. Die regering het gefaal in al hierdie afdelings, en moet daarvoor opmaak met rasse kwotas, wat moreel net so onregverdigbaar is as wat apartheid se rassebeleid was. Die dag wanneer die volgende Sia hierdie bogenoemde paadjie gestap het, op meriete sonder gedwonge kwotas die kaptein word, en die bok coach ons nie hoef te oortuig almal is op meriete gekies nie, DAN kan ons praat van suksesvolle transformasie in rugby. Shame on you SARU

rollie ·

Rassie hoef niemand te oortuig van die spankeuse nie, die span IS op meriete en vorm gekies. Daar is nie beter spelers in SA as die wat tans in die Bok-groep is nie. Die enigste ou wat homself ongelukkig kan ag is Leyds. Ouens soos Rohan, Combrink en Coetzee is ter reg nie gekies nie omdat hulle nie op vorm is nie.

Callie ·

Hoe vinnig spring die manne op na n wen teen n swak engelse span. Wag vir die AB en Australia games. Kom ons praat daarna weer. Engelse het tot teen Barbarians verloor.

ACJ ·

Dis waar daai rasse storie word nou afgesaag sport is sport die beste span wen

nico k ·

Ek wil darem net noem dat die berig beweer Alister het klei getrap deur nie Duane, Willie en Faf te kies nie. Hy het nie ‘n keuse gehad nie! Die rugbyraad het besluit hy mag nie oorsese spelers kies nie. En ek het nog altyd gedink dit was ‘n dom besluit.

Ruan ·

Nogsteeds is daar negetiewe mense. Ek het donderdag op ‘n ander berig gese die mense is te negetief en het gese na sateredag se game dat ek wens ek kan weer op daai berig antwoord en dat almal ‘n “notification” kry en weer gaan kyk. Wit swart pink en pers het almal goed van hul taak gekwyt. Ja daar is nog plek vir verbeteringe maar die spel was baie goed en Rassie weet wat hy doen. Well done bokke en ek “back” jul nogsteeds.

bloues ·

Willie het my bek tjoepstil gespeel.
Al drie voorry het swaar gekry, daar is beter as hulle.
Maar desontdanks het ek die rugby BAIE geniet
Du Preez op flank is geweeg en te lig bevind.
Amm kan vervang word met Esterhuizen.
Ek het egter die rugby geniet, nadat ek aanvankik eers tennis gekyk het

rollie ·

Esterhuizen is te stadig vir buitesenter as jy hom wil kies, moet jy hom in De Allende se plek kies. My senterpaar sal De Allende en Kriel wees. Behalwe vir die strafskop wat Louw in die eerste skrum afgestaan het, het ons stewig geskrum. Toe Kitshoff en Du Toit op kom, het ons hulle begin skrum. Persoonlik sal ek die kombinasies so hou (miskien vir Nyakane inbring in die opdrafspan), Kitshoff en Du Toit rig skade aan as impakspelers.

TROTS ·

Al kleur wat ek sien is GROEN en is so trots!!!!!!!!!!
Go Bokke!!!!!!!!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.