Dis weer die Bokke teen Japan ná 2015-skok

Die Springbokke pak Japan aanstaande jaar die eerste keer sedert die aartsskok toe die Dapper Bloeisels Suid-Afrika in Brighton, Engeland, by 2015 se Wêreldbeker-toernooi met 34-32 verslaan het.

SA Rugby het Maandag aangekondig dat hy ’n uitnodiging van die Japanse Rugbyunie aanvaar het om voor die toernooi in ’n littelosmaker kragte te meet.

Die wedstryd is vir Vrydag 6 September in Saitama, noord van die Japanse hoofstad, Tokio, bepaal.

Dis op 13 dae na vier jaar nadat die tuisspan sy enigste botsing tot dusver teen die Bokke teen alle verwagting in gewen het.

Luidens SA Rugby se verklaring sal die Bokke nou einde Augustus reeds na Japan vertrek, drie weke voordat die toernooi afskop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Gemaskerde Sopbeen ·

Ek het in 2015 ‘n “aanbeveling” ontvang om R500 op Japan te wed. 300 teen 1. Ek was oppad Noorde toe om “olifantskade” aan kampeerheinings te gaan herstel….en het dit nie gedoen nie. Daardie Saterdag het ek in ‘n eetplek in Phalaborwa gesit…en in 80 minute R150 000,00 “verloor”…. Sal nooit weer so ‘n fout maak nie………..en van toe af nogal nie te sleg gevaar nie, danksy die “bontebokke” se geploeter…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.