Dis weer die Griffons teen die Luiperds

Nes verlede jaar bots die Griffons en die Luiperds vanjaar in die eindstryd van die Curriebeker- Eerste Liga.

Die Griffons, die verdedigende kampioen, het Saterdag in Welkom met 32-21 teen die Boland in die halfeindronde gewen.

Die tuisspan was rustyd reeds gerieflik met 20-8 voor.

Jaun Kotzé, die Griffons-losskakel se 12 punte – drie doelskoppe, ʼn strafdoel en ʼn skepdoel – maak hom met 86 tans die voorste puntemaker in die reeks.

Juandré Rudolph, die Luiperds se agsteman, is met 11 steeds die voorste driedrukker.

Die Luiperds het Vrydag hul eindstrydplek bespreek deur die Valke in ’n naelbytstryd in Brakpan met 26-23 te klop.

Die Noord-Vrystaters het verlede jaar se eindstryd op Potchefstroom met 44-25 gewen.

Vanjaar se eindstryd sal op Welkom uitgespook word.

Die puntemakers –

Griffons 32 (20) – Drieë: Khwezi Mkhafu, Neil Claassen, Cody Basson, Tertius Maarman. Doelskoppe: Jaun Kotzé (3). Strafdoel: Jaun Kotzé. Skepdoel: Jaun Kotzé.

Boland 21 (8) – Drieë: Elgar Watts, Sergio Torrens. Doelskop: Divan Nel. Strafdoele: Divan Nel (3).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.