Dissipline en Benetton-bank kelder Cheetahs

Francois Venter (Foto: fscheetahs)

Die impak van ʼn goeie bank en swak dissipline is Saterdag in Treviso deeglik in die Cheetahs se wedstryd teen Benetton herbeklemtoon.

Die Vrystaters het die wedstryd teen ʼn span wat tot dusver nie waffers in die reeks gevaar het nie, met 21-27 verloor nadat hulle ná 56 minute nog voor was.

Twee geelkaarte aan die haker Torsten van Jaarsveld en die skrumskakel Shaun Venter binne ʼn minuut van mekaar toe daar nog 25 minute speeltyd oor was, het ʼn verdiende Cheetahs-voorsprong van 16-8 in ʼn ommesientjie na 16-27 verander.

In die tyd het William Small-Smith ook die veld met ʼn besering verlaat en met drie minute speeltyd was die Boksenter Francois Venter ook met ʼn besering op pad  kleedkamer toe.

Die Cheetahs het egter kort daarna ʼn baie goeie drie gaan druk en sodoende ʼn bonuspunt verseker.

♦  Dit was ʼn wedstryd wat die Cheetahs oënskynlik in die sakke gehad het totdat die tuisspan sy bankspelers begin opstuur het. Skielike druk op hulle doellyn teen ʼn veel verbeterde Benetton het tot swak dissipline, strafskoppe en uiteindelik twee geelkaarte gelei – en hulle die wedstryd gekos.

Rustyd was die Cheetahs ná drie strafdoele van Fred Zeilinga met 9-5 voor, en dit het 16-8 geword ná Oupa Mohoje se eerste drie.

Maar toe kom twee drieë deur die tuisspan toe hulle teen net 13 man gespeel het en ʼn goeie drie vier minute ná die twee geelkaart-oortreders se terugkeer.

Op 16-27 en tien minute speeltyd oor moes die Cheetahs toe inhaalrugby speel en die taak was net-net te veel vir hulle met Mohoje se tweede drie wat hulle darem die bonuspunt besorg het.

Puntemakers –

Benetton: Drieë: Marty Ioane, Epalahame Faiva (2), Federic Ruzza. Doelskoppe: Banks (2). Strafdoel: Banks.
Cheetahs: Drieë: Oupa Mohoje (2). Doelskop: Fred Zeilinga. Strafdoele: Zeilinga (3)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Nico ·

Is dit nie die probleem vir baie jare in SA rugby nie? Hoeveel wedstryde het Cheetahs al oor die jare verloor wat hy moes wen a.g.v swak dissipline? Hulle skep fortuine in die naam van professionaliteit maar dit is al wat profesioneel is. Wat die reels betref weet hulle nie boe of ba wat reg en verkeerd is nie. O ja en dan ken die skeidsregter vplgens meeste spelers nie sy reels nie.
Vir die fortuine wat rugby spelers skep behoort hulle so goed te wees dat daar nie een strafskop of skrum in ‘n wedstryd te wees nie.

Henk ·

Shaun Venter moes nooit afgestuur gewees het nie!! Hy het die spelers se arm geklap/ gegryp en nooit die bal raakgeslaan/ af geklap soos deur die lynregter bepaal is nie. Het die kompetisie nie ook n TMO nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.