‘Dit is frustrerend’ – Nienaber

Jacques Nienaber. Foto: Patrick Hamilton/AFP.

As jy verslaap, gaan jy waarskynlik laat wees vir werk. Net so gaan verspeelde kanse op ’n rugbyveld waarskynlik vir jou die wedstryd kos.

Die Springbokke het vandag in die eerste helfte van die Rugbykampioenskap-toets naby die Wallabies se doelgebied geboer, maar die Suid-Afrikaners het hulle boeglam gesukkel om punte in Adelaide aan te teken.

“Dit is frustrerend om te sien hoeveel van ons geleenthede ons nie in punte kon omskep nie.  Ons was omtrent 13 keer in Australië se kwartgebied en ons kon net nie punte aanteken nie,” het Jacques Nienaber (afrigter) gesê.

Toe Kwagga Smith wel sy twee drieë gedruk het, was dit hopeloos te laat in die wedstryd en die Wallabies het eintlik op ’n drafstap met 25–17 gewen.

Natuurlik het Australië weer die telbord aan die gang gehou wanneer hulle in die Springbokke se gebied was, met Fraser McReight wat die wedstryd se eerste drie binne twee minute van die afskop gedruk het.

Oudergewoonte het Nienaber gesê dat die Bokke die wedstryd sal ontleed om uit hul foute te leer.

“Die lekker ding is dat ons nou nog ’n kans teen Australië kry en hopelik kan ons dan die bordjies verhang.”

Vergeet maar egter vir eers van enige bordjies wat verhang moet word. Dit is dalk tyd dat Nienaber en sy afrigterspan hand in eie boesem moet steek.

Die Springbokke beskik ongetwyfeld oor die spelers om enige internasionale span ore aan te sit, maar hulle het in die reeks teen Wallis gesukkel en benewens die goeie vertoning in die Laeveld het hulle al teen die All Blacks en nou die Aussies in die Rugbykampioenskap verloor.

As die span by die komende Wêreldbeker-toernooi in Frankryk speel soos wat hulle vandag teen Australië gespeel het, gaan hulle waarskynlik nie verder as die kwarteindstryd vorder nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Steyn ·

Nie net afrigter span moet trek pas kry nie, daar is ‘n ry spelers wat ook nie meer op standaard is nie, arme ellende kry net 2 keer die bal, Jantjies weet nie wat om met n bal te doen nie, en Faffie se voet moet geamputeer word of swaarder skoene kry want sy skop voet irreteer al 90% van rugby kykers

N ·

Stem 100% saam jou Steyn. In my opinie kort ons n sterk leier wat kan besluite maak en met die skuidsregters praat ook. Nie een wat als maar aanvaar en aangaan nie. Ook nie een wat nie sy werk as ‘fetcher’ op die veld doen nie.

vuurvliegie ·

Swak afrigtingsspan wat vererger word deur swak spankeuses.
Tyd vir skoonmaak in SA Rugby. Bring nuwe jong bloed in waarmee SA Rugby ‘n lang pad kan stap.
Die Bokke, ondersteuners en media moet waak teen swak sportman gees wat geskep word deur aanhoudende verloor.

vuurvliegie ·

Die Bokke se huidige slaagsyfer is 50%. Is dit goed genoeg?

N ·

Die bokke sukkel met die huidige politieke inmenging. Ons het n reuse struikelblok met die huidige kwota stelsel. Die bokke sal briljant wees as almal op meriete gekies word.

Michael ·

Die feit dat die bokke die eerste span is waarvan Nienaber die hoofafrigter is begin nou duidelik wys. Sonder Rassie is hy net nie opgewasse vir die taak nie-hys eenvoudig net ‘n goeie verdedigingsafrigter. Daars ander briljante afrigters in die land wat jare se ervaring as hoofafrigter het. Kry een van hulle en hou Nienaber as hulpafrigter

Witbaard ·

Hoe kan jy punte aanteken sonder die bal. Die voorspelers werk hulle g@tte af om die bal te kry en dan skop die agterspelers die bal weg. Ek het n idee die agterspelers is bang on getackle te word.

Michael ·

Die oplossing is ooglopend, almal weet wat kan en moet gedoen word, behalwe die afrigter…………

Manie ·

Die Bokke het swak gespeel, punt. Die “duikslag” op Mapimpi waar sy bene onder hom uitgeloop is, sonder dat die verdediger sy arms gebruik het, sou egter in enige ander wedstryd tussen 2 ander spanne ‘n strafdrie en geelkaart gewees het. Vergelyk Faf se insident waarvoor hy ‘n geelkaart ontvang het met die duikslag op Mapimpi, dis skandelik.

Republikein in die Wes Kaap ·

Met ‘n strafdrie hier en ‘n strafskop daar sou die bokke dalk gewen het. Ondersteuners sou gejil het soos die ANC na ‘n verkiesing, die kaptein sou gespog met sy span se veggees en Nienaber sou gelag het. Maar eintlik sou dit maar net die pynlike grootskaalse skoonmaak proses uitstel.

Manie ·

In my eerste sin het ek duidelik gesê dat hulle swak gespeel het, Hulle het ook verdien om te verloor. Die swak beslissings van skeidsregters/lynregters is egter vir jare lank al frustrerend. Die insident is nie eers verwys nie. Dit sou geen verskil aan wen of verloor gemaak het nie, maar ek verstaan hoekom Rassie verlede jaar sekere aspekte uitgewys het. Al waarvoor ons vra is dat alle spanne gelyk behandel word, niks meer nie.

Treurwilger ·

Mapimpi is by die kantlyn uitgeboender soos dit nog al die jare naby die doellyn gedoen is.
As iets intussen verander het waarvan nie almal bewus is nie, leer ons graag.
Dit het baie meer dramaties gelyk as wat dit in werklikheid was.
Albei spelers kon verder speel sonder probleme.

N ·

Ja dit is frustreren. Vir almal van ons ook. Doen die regte ding en bedank.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.