Was dit `n strafdrie – ja of nee?

fluitjieDis een van daardie taai tameletjies in rugby, wanneer om `n strafdrie toe te ken.

Volgens die oud-toetsskeidsregter Jonathan Kaplan, moes die skeidsregter, Lourens van der Merwe, ‘n strafdrie aan die Pukke toegeken het in Maandagaand se eindstryd van die Varsitybeker-reeks in Stellenbosch.

Die Pukke se Marnu Redelinghuys het wel in die 90ste minuut die wendrie gedruk, byna tien minute nadat die sirene geloei het.  Die Pukke het met 7-6 gewen nadat Van der Merwe nege strafskoppe in die laaste tien minute aan die Pukke toegeken het nadat die Maties oortree, oortree en oortree het.

Spel het nooit verder as tien meter van die Maties se doellyn af gevorder nie en twee Maties, Chris Smith en Remu Malan, het geel kaarte gekry.

Die Maties het vasgebyt en die Pukke het in die rooi sone geskrum, geskrum en geskrum en gerolmaal, gerolmaal en gerolmaal.

Reël 10.2 (a) bepaal dat spelers nie enige reël opsetlik mag oortree of hulle aan onregverdige spel skuldig maak nie. Spelers wat opsetlik oortree, moet berispe word, of gewaarsku word dat hulle afgestuur sal word as die oortreding of `n soortgelyke oortreding weer begaan word, of afgestuur word. Dit het Van der Merwe gedoen.

`n Strafdrie moet ook toegeken word indien die oortreding `n drie verhoed wat andersins waarskynlik aangeteken sou gewees het. `n Speler wat verhoed dat `n drie aangeteken word weens vuil spel moet hetsy gewaarsku en tydelik geskors word, of afgestuur word.  Van der Merwe het twee spelers afgestuur, maar nie `n strafdrie toegeken nie.

Dit was `n eindstryd, met baie op die spel en daar is volgens die letter van die reël geblaas.

Maar Kaplan meen dat hy `n strafdrie moes toegeken het.

In een van sy twiets het Kaplan gesê: “ Dit moet `n strafdrie wees. Man word sonder die bal voor die doellyn gespeel.”

Die afgelope seisoen is daar herhaaldelik strafdrieë aan spanne toegeken wanneer skrums op die doellyn in duie gestort het. Dink net onder watter vlaag van kritiek Van der Merwe sou deurgeloop het as Redelinghuys nie gedruk het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Scalla ·

Dit moes n strafdrie onder die pale gewees het na die derde oortreding

Johann ·

Moes beslis strafdrie wees. Reels is reels. Maar ek is bly ek was nie die skeidsregter nie. Dink hy was onder meer druk as die Maties. Wat ‘n poging deur Pukke !!!

Phillip ·

Ek se net WAT N GAME.Kon nie vir n beter finaal gevra het nie.mooi so Pukke! derde keer skeepsreg.

Jan ·

Na die skeidsregters se “fout” stap hy skotvry weg soos in al die ander gevalle in ons rugby gelukkig kon hy nie die Mates langer help nie

Klein Kraai ·

As oud-Puk het ek ‘n strafdrie begeer en het gesoebat vir een. Lourens het egter in die gees van die spel geblaas en die Pukke het self gescore. Ek dink as daar ‘n volgende fase was nadat die tyd so lank aangehou het, sou hy dit oorweeg het. O Pukkie jy, o Pukkie jy, ek sal jou kry…sal my lewe lank aan jou kan wy!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.