Dit was die All Blacks van ouds teen ʼn sukkelende Italië

Soos verwag is, was die All Blacks heeltemal te sterk vir Italië in Saterdag se eerste jaareindwedstryd van die naweek waarby een van die Sesnasies-spanne betrokke was.

Nieu-Seeland het met 66-3 gewen. Soos ʼn mens van hulle gewoond geraak het, was hulle onstuitbaar met hul hardlooprugby en ondersteuning. Ja, dit was dieselfde All Blacks-hardlooprugby wat ‘n mens leer ken het voordat hulle teen Engeland gesukkel en teen Ierland verloor het.

Die All Blacks was rustyd reeds met 31-3 voor, en het uiteindelik met 66-3 gewen.

Dit het tien drieë ingesluit, met die heelagter Damian McKenzie en Jordie Barrett, wat die eerste keer op vleuel gespeel het, wat onderskeidelik drie en vier drieë gedruk het.

Puntemakers ‒

Italië (3) 3: Strafdoel: Tommaso Allan
Nieu-Seeland (31) 66: Drieë: TJ Perenara, Damian McKenzie (3), Jordie Barrett (4), Ngani Laumape, Beauden Barrett. Doelskoppe: Beauden Barrett (5), Richie Mo’unga (3)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.