Dit was om van te huil

`n Nuwe Bok-laagtepunt (Foto: woligovabe.xlx.pl)

`n Nuwe Bok-laagtepunt (Foto: woligovabe.xlx.pl)

Hoe wen `n mens `n toets met `n skrumskakel op senter, `n plaasvervanger-flank as sy sentermaat, `n stut op slot en `n slot op flank?

Jy speel teen die Springbokke.

Ja mense, dis presies wat  Saterdagaand in Salta gebeur het toe die Argentynse Poemas die Bokke ore aangesit het.

Wat baie min mense raakgesien het – ook nie die SupersSport-kommentators nie wat ons net wou vertel hoe goed Steven Kitshoff geskrum het – is dat die Poemas in die laaste kwartier met drie stutte en twee skrumskakels moes klaarkom.

Gaan kyk maar na die video, die afrigter, Daniel Hourcade, het kort voor Juan Hernandez se besering sy loskopstut Nahuel Chapparo met Felippe Arregui (22) vervang. Toe Hernandez in die 66ste minuut beseer is, is Hourcarde gedwing om nog ‘n plaasvervanger-stut Enrique Pierretto (ook net 22 jaar oud) op te stuur, want daar was nie meer agterspeler-plaasvervangers op die bank oor nie.

Die vaskopstut Ramiro Herrera is slot toe geskuif en die plaasvervanger-flank Guido Petti is agterlyn toe waar hy langs die skrumskakel Martin Landajo senter gaan speel het. Het die Bokke dit uitgebuit? Het hulle een keer probeer rolmaal? Is daar planne agterlangs gemaak om dit uit te buit. Nee!

Het ons enige lesse geleer? Gaan Alistair Coetzee volhard deur spelers te kies wat oorsee speel? Gaan hy nou `n patroon vestig  waarvolgens die Bokke sal speel?

Houcarde het besluit om geen speler wat in Europa speel, te oorweeg nie. Geen plek vir Marcos Ayerza, Juan Imhoff, Marcello Bosch, Manuel Carizza, Juan Figallo, Mariano Galarza en Juan Fernandez Lobbe nie.

En ons? Ons ploeter voort met Francois Louw-hulle.

As Argentinië (met beperkte spelersgetalle), Nieu-Seeland en Engeland dit kan toepas, hoekom ook nie ons nie?

Ons rugby is in `n krisis, die Bokke het hul aura verloor, is dit gister wyd en syd uitgebasuin. As jy na die Bokke se vertonings kyk, is dit heeltemal waar.

Maar hoe is dit moontlik dat dit binne ‘n paar weke gebeur het? Een van ons spanne was immers tweede op die Superrugbyreeks se puntelys, bo die Chiefs, Highlanders, Crusaders en Blues – en die Jaguares. Die Lions het die meeste drieë in die reeks gedruk.

Wat het van hul selfvertroue geword. Wat het  intussen gebeur?

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

callie ·

Stem saam. AC het n Stormer span met spelers soos Andries Bekker, Lowe, Duane Vermeulen, Jean de Villiers en nog vele meer soos kinders laat lyk teen n Bulls span in die einstryd van die Super 14 in Johannesburg. Hy het niks anders ooit gewen nie. Die Stormers het negatiewe rugby gespeel en nou word dit deurgegee na die Bokke. Elton Jantjies kon nog nooit gedy as hy onder druk is nie. Mapoe lyk goed by Leeus oor Rohan dalk die beste senter in SA rugby is. Kwotas het standaard van spel afgebreek en die vrugte word nou gepluk. Nou nog met n swak afrigter daarby, asb. Raak ontslae van bok embleem so gou moontlik.

Ben ·

Die skrif was lankal aan die muur, ons “wou” dit net nie sien nie.Ons het “gedink” dinge gaan beter gaan. Die afrigtingspan is swak en ons het “gehoop” dit sal sal ook beter gaan. Ons het “geglo” die insinking is “tydelik”. Maar, helaas ons moes dit kon voorspel en geweet het dinge gaan slegter gaan. Ons moes geweet het die die afrigtingspan is swak en dit gaan nie beter gaan nie. Ons moes geweet het die insinking en agteruitgang is permanent. Dit alles het gebeur omdat politiek rugby se baas geword het.En nou bly daar oor geloof, hoop en senuwee medikasie of brandewyn ! Totsiens.

Henk ·

Ons het in die laaste twee weke gesien dat rugby administrasie in SA VROT is. Dit stink erger as ‘n vis fabriek!! Dit begin by SA rugby en syfer deur tot by die provinsies en klubs!! En dit het ‘n vieslike invloed op briljante spelers wat in SA ronddwaal. Solank as wat rugby vir die administrateurs gaan oor wat HULLE daaruit kan kry en nie oor die spelers en die spel nie, sal ons maand vir maand swakker en swakker raak.

STEFAn ·

die bokke sal aanhou so speel solank as wat Elton Jantjies nommer 10 is, Goosen Hoort op 10, niks fout met Oorsese spelers nie, Habana het ons gered , selfde met `n ou soos morne steyn(want wie is daar tog wat sy plek kan oorneem, swakkelinge van die Bulle?marnits wat sukkel om a span te speel? april wat ook nie plek kry nie of eenvan die WP jonkies wat niks meer as 30 min kan speel sonder om af te hop nie?) PS du toit hoort op 7 en moster op die ank, Mohoje moet bank to skyf , ou soos De Allende moet 13 toe skyf en Ruhan hoort op 12, en mapoe die water aandra, en Jessie Kriel hoort op 15 of Kolbe, Warrick Galant gaan nog 15 sy eie maak . Willie Le Roux moet weer form vind en dan sal hy goeie aanwins wees op die bank saam met Jessie Kriel en Franscois Hougaard,

Spankeuses is die probleem, Ou soos Rassie Erasmus en Nienaber moes nooit uit die Bok Setup geskyf word het nie, Rassie Het immers saam Jones die bokke se 2007 WB sukses geplot.

HENNIE NEUHOFF ·

Stem saam met Henk dat die vis van sy kop vrot. SARU se bestuur van rugby is hopeloos. Hulle is reeds besig om die Curriebeker te laat sneuwel. Jy kan nou reeds na week 4 van die CB steeds geen amptelike program daarvan kry op hul webblad. Die skedulering van die wedstryde is hopeloos, om nie eers te praat van die sinnelose “kwalifiserings rondte” wat gespeel is deur 1 spanne waarvan 6 outomaties gekwalifiseer het, of hy eerste of laaste eindig! Die wenspan moes vir hulself ‘n trofee koop vir die “kompetisie” – belaglik verby.

Nico ·

Ai waar is LL. Dan was AC al reeds na die 1ste toets teen Ierland gefaks. SA moet nou maar ‘n buitelandse afrigter kry wat geen bande met enige provinsie het nie. Dit kan dalk net wees dat hy die regte spelers sal kies selfs al is hulle kwota’s. Die beste nog is dat daar maar weer ‘n beproefde keur paneel moet wees. Verder help dit nie ‘n afrigter kies spelers op grond van hul prestasies by hul provinsies nie maar dwingvhulle om ‘n ander patroon te speel by hom nie. Hoekom gedy bv. Mapoe by die Lions in die meeste van hul wedstryde deur die seisoen maar kon blykbaar nog niks uitrig by due bokke nie? So ook ‘n paar ander spelers. ‘ n Afrigter wat nie ‘n patroon kan skep met die spelers wat gekies word se sterk punte nie hoort nie daar nie.

Anton ·

Ek kan maar net lag as die kommentare lees. Die coach Alister Coetsee se nie vir die spelers om mis te skop pale toe nie, hy se ook nie om mis te tackle nie of om hoog te tackle nie of om bal af te staan nie. Ons speel met n klomp Prima Donnas wat groter as die spel geword het en dan spandeer ons geld om na hulle te gaan kyk, nee wat, ek bly eerder tuis as om na die kinders te kyk wat rond hardloop soos n hoender sonder kop. Hulle is veronderstel om proffessioneel te wees en elke speler weet wat word verwag van hom, doen dit dan. NZ sal daardie klein FAF seer maak.

BokFan ·

die coach Allistair Coetsee sit wel n aanvallend loskakel op die veld met n skop game plan,en n baie sterk taktiese skopper op en dan will hy aanval..maak nie sin nie..maar bygese niks van saterdag se wedstryd het sin gemaak nie….heyneke was gekruisig oor die eerste verloor teen die PUMAS sy wen persentasie was hoog,as ek dit reg het is Allistair se persentasie huidiglik baie swakker…geen ophef word gemaak van die ierland loesing nou die puma verloor ,en dan wag daar nog NZ ,AUS en einde van die jaar toer ook nie…goeie verloor rugby wat voor le as hull nie dringend politiek uit sport uit hou nie…

Arie ·

Die gees is die probleem en dit kan baie met afrigting en politiek te doen hê, ons speel sonder vuur asof ons nie wil speel nie

pieter ·

RUGBY IS N APARTHEID BASTION WAT MOET VAL SOOS AFRIKAANS,VOLGENDE ONS KERKE EN SO SAL DIT AANGAAN NIEMAND KAN DIE ZUMA BUS STOP NIE.

Henk ·

Pieter, ek weet nie presies hoe jy hierdie politieke kommentaar en die bespreking rondom Saterdag se wedstryd bymekaar kry nie. Ja ek stem saam dat politiek inmeng met sport en dit hoort nie so nie. Maar AL die spelers op die veld was Saterdag swak. En terwyl jy dan nou politiek wil gesels – Afrikaans sal oorleef solank as wat daar mense is wat dit praat. Op skool, op universiteit, in die media, in die werksplekke van SA, in die kerke van SA. Selfs in die wereld. En die kerke sal oorleef solank as wat daar ware Christene is wat kerk toe gaan om God se woord aan te hoor, solank as wat daar predikers is wat nie politiek in die kerk praat nie en solank as wat daar dissipels van God is wat Sy woord wil uitdra en verkondig en nie ‘n besigheid van die kerk wil maak nie.

CAG88 ·

Johann Ackermann het die vermoe om ‘n “Entry Level” speler te vat en ‘n juweel van hom te maak as ook om ware span gees onder die manne te kweek. Die Lions se fondasie was op ware beginsels gebasseer – Geloof, respek en attitude.

Die Lions manne is nou saam ‘n ander coach wat hou van hied en gebied – “Kriel moet maar wag tot 2019 as hy moet”. Allister het ‘n vieslikke houding soos die van ‘n baas en nie van ‘n leier nie en die is moontlik ook die rede hoekom Strauss Kaptein is, en ‘n useless een ook.

Hoekom is Warren nie Bok Kaptein nie, hy besit al die eienskappe en is ‘n ware leier.

Hoekom is Ruan Janse van Rensburg nie eers in die Bok kamp nie? Die is ‘n flippen no brainer (Juan de Jongh vs Rohan). I mean come on Allister!!!

Hoekom is Malcolm Marx nie die Haker nie. Hy is tonne beter as die twat wat nou haker speel. Voorbeeld = Amper eerste drie wat die Pumas gedruk het -> Kyk net hoe draf Adriaan terwyl Eben voluit probeer om die ou te keer en hom by kantlyn uitstamp! Adriaan kon vrek baie beter hier gedoen het. Dis net ‘n “No care” Attitude, en dit van die bok kaptein wat dan van hier af verder af na die res van die span vloei. Kry jou ware kaptein in plek!!

Hoekom is Kortnall Skosan nie daar nie!! Die man sal kringe om Habana hardloop!

Hoekom Kan Kriela nie begin op 6 nie! Hy is tog obviously beter as Flouw!

Wat die hel maak Adriaan Louwrens daar?? Ek was geskok toe ek die bleskop op die veld sien rond wals!! Seriously, is daar geen ander beter stutte nie???

Pollard moet nou herstel en gou! Ons losskakels is glad nie consistent nie.

En dan Suid Afrika se Rugby op Super Rugby vlak was ‘n disgrace, uitsluitend die Lions natuurlik.

Neels ·

Ek stem 100% saam met Henk, die vis vrot van sy kop af. Solank as die administrasie politieke aanstellings maak en nie rugby aanstellings nie sien ek swarigheid. Die frustrasie is dat selfs die minister van sport reken dit gaan nie oor wen nie……bid jou dit aan!! Hoe verlang ek nou na Heyneke Meyer!! Oor die span self….Beast is oor sy beste, hy sal moet plek maak, dalk vir Kitshoff. Ek glo steeds Coenie Oosthuizen is n beter een as wat hy n drie is. Dieselfde geld vir Adriaan Straus. Hy is n wonderlike speller en kaptein maar sukkel onder hierdie omstandighede. Dalk Malcolm Marx? Ons vaskoppe is ok, Vincent bring sy kant, ek is net nie seker of Adriaanse ons beste reserwe is in die posisie nie. Die slotte is reg, Pieter-Step, Lood en Eben met dalk Franco Mostert kort op hulle hakke. Ons loosies is n probleem, Whiteley is ons beste no 8 maar kom nie die mas op op toetsvlak nie….dalk het hy net tyd nodig. Louw is briljant maar tans lelik van stryk af, gee Kriel n kans. Mohoje moenie daar wees nie, as hy weer iemand om die nek gaan gryp gaan ek iets oorkom. Jannes Kirsten miskien? No 7 is vir my n probleem posisie. Faf op 9 met Hougaardt op die bank, Naas Botha op 10, soos altyd, of dalk Goosen as Naas in die hof moet wees. Ruan Janse van Rensburg op 12, Francois Venter op 13 of Paul Jordaan miskien?. Mens moet seker vir Habana op 11 kies net omdat hy Habana is alhoewel ek voel sy uurglas loop leeg…..Combrink was n wenner op 14 maar hy is nou beenaf…. Werner Kok? En dan heelagter….Frans Steyn….met Heyneke as coach!

Dave ·

Wat verwag julle al ons sport is oppad na Bafana standaard. In kriket was ons no 1 en binne 1 jaar 6de. Na die reeks sal ons rugy ook 6 de in die wereld wees. Dit sal so aanhou solank daar n kwota stelsel is. Wie bedank ons net die anc en sy makkers.

BokFan ·

allistair coetsee het geen groot sukses by die WP gehad nie,hulle trofee kas staan leeg ,die selfde spel patron wat hy gebruik het by WP try hy nou toepas op internasionale vlak,dit het nie gewerk in die verlede nie hoekom sal dit nou werk..De Allende hoort nie in bok groep nie ,hy kan nie n bal aangee nie en hardloop nie reguit lyne nie telke male is die vlueel in n hoek gedruk met geen kans om iets te doen nie sy verdediging was nog altyd uiters swak.Jantjies kan nie perform op internasionale vlak nie,Lambie bly beter opsie sowel as pollard.kriel moet heelagter speel en Malcolm marx haker.strause verdien op die stadium nie n plek nie.Faf bly die beste op no 9 huidiglik.mahoje hoort nie eers die water aan te dra nie.gee kriel n goeie kans om himself te bewys op no 7 of 6.
dis net my opinie.ons loop af op n slagting teen new Zealand…haha

matie willemse ·

Doen die visvang, of braai, of gesin kuier en of vriende kuier Saterdae, dit is goed vir alle rugby liefhebbers, geen kwota stelsel is teenwoordig en Afrika lewensuitkyk op sport nie. Boikot alle rugby byeenkomste, hul kan maar komplimentêre kaartjies wat in elk geval uit die staatskas kom aan Soweto skenk, kyk waar gaan Zuma volgende met sy makkers Saterdae wees op ons onkostes……en so val nog ‘n ANC beheerde liggaam……

Tokkie Potgieter ·

Ek het van die begin afgesê dat Alister Coetzee kans gegun moet word indien hy die regte keuses maak. Ek staan daarby want iewers moet ons begin om van die tipe rugby af weg te beweeg wat Heineke se ou manne gespeel het en Alister moet hulle help. Sy grootste keuse fout was Adriaan Strauss. Hy is nie ‘n kaptein nie en nog minder die beste haker in die land en hier begin die probleem. ‘n Ware kaptein sou op die veld die besluit geneem het en vir sy spelers gevra het om nie balbesit weg te skop nie want drieë druk sonder die bal is net nie moontlik nie. Die spel patroon moet op die veld aangepas word en daar is net een kaptein wat dit kan doen en dit is Warren Whiteley. Ek stem nie saam met Anton nie. Faf staan kop en skouers uit bo die meeste van die spelers op die veld en het reeds ‘n paar keer met die NZ spelers te doen gekry. Eben Etzebeth, Pieter Stef, Jaco Kriel, Warren het namens al die ander vrot spelers probeer red wat te redde was. Die Bokke het of grootkop geword soos Johan Ackerman en sy span (strategiese foute is gemaak bv die B-span in Argentinië) of hulle steur hulle aan hoofbestuur politiek wat niks met hulle te make het nie. Die opmerkings van Damian de Allende die naweek dui op egoïsme terwyl almal hier bo reg is. Jan Publiek betaal sy salaris maar as dit sy houding is moet hy trap soos Luke Watson destyds. Ons sal wel sonder hom en ander egoïstiese spelers klaarkom. Alister is wel die afrigter maar Anton is reg, die spelers skop die bal mis, nie Alister nie. Wie veroorsaak omgekeerde balbesit op die veld? Francois Louw en Oupa Mohodje want hulle was nooit by die bal nie, nie Alister nie. Inteendeel, wat wil ek of enige iemand anders spelers op hulle vlak leer hoe om rugby te speel wat hulle teen hierdie tyd nog nie weet nie? Dis die spelers wat nie hulle werk doen nie. Hy moet egter daarteen waak dat a) die spelers nie vir hom vertel hoe hulle rugby wil speel nie en b) te luister wat Jan Publiek te sê het. Wat doen Jantjies van Maandag to Vrydag elke week? Oefen hy stelskoppe of nie en as hy dit nie doen nie is dit ook nie Alister se werk om polisieman oor sy vaardighede te speel nie. Hy weet mos wat van hom verwag word. Verder, alhoewel ek Johan Ackerman gekritiseer het, kan Alister gerus ‘n bietjie met Johan gaan praat en hoor wat is Johan se resep vir sukses. Wie is Johan van Graan? Waar het hy SuperRugby gespeel en nog minder te praat van die hulp agterlyn afrigter? ‘n Rigiede afgedwinge spelpatroon is ook taboe. Daar moet ‘n plan A, B, C en D wees anders is jou spel soos Saterdag stereotiep. Balvaardighede is tans meer belangrik as spierbou in die gimnasium so verbied hulle die gim en laat hulle balvaardighede oefen en oefen.

My 2 sent.

Jakkalas ·

Ek stem saam. ‘n Swak bestuur dan sal daar ‘n swak span wees. Spelers moet verantwoordelik wees hoe hy op die dag speel. As die spelers soveel werk insit moet jy vrugte afwerp. Die trots vir die groen en goud ontbreek heeltemal en hulle speel nie as ‘n span saam nie.

Neels ·

Tokkie, as Alistair nie poliesieman speel nie en nie vir die spelers sê wat om te doen nie wat doen hy dan? Ek dink jy is 100% reg, hy speel nie waghond nie en hy sê nie wat om te doen nie, so in kort doen hy eintlik niks. Ek het die bok oefeninge bygewoon voor die eerste toets teen die Pumas en dit was vir my duidelik dat die span samehorigheid en dringnedheid ontbreek het. Speel n man nie soos jy oefen nie? Balle is laat val, bewegings is nie voluit gedoen nie en algemene samehorigheid was net nie daar nie. Ek hoop regtig dinge kom reg want op hierdie stadium lyk dit of die coach heeltemal uit sy diepte is. Cosatu sal binnekort laat hoor dat die spelers besig is met sabotasie…

poot ·

Ag nee regtig mense.
Wie en wat julle almal nou nog die skuld gee. Kwotas, oorseese spelers, afrigters, SARU, ANC, Guptas, Zuma, Pravin, die swak ekonomie, flug flouheid. Kom ons dink aan nog ‘n klomp verskonings. Feit van die saak is dat daar nie in EEN speler meer die trots is om die bok op die bors te dra nie. Dit gaan oor WAAR kry ek die meeste geld. Hoekom dink julle gaan speel die manne oorsee? Dis nie omdat almal “hasbeens” is nie.
Al wat ek weet is dat ek belangstelling verloor. Toe word ons dors…..en NOU gaan ons braai.

Willem ·

Poot, hoekom dink jy het daai ouens nie meer trots om daai bok trui te dra nie?

Is dit miskien Kwotas, oorseese spelers, afrigters, SARU, ANC, Guptas, Zuma, Pravin, die swak ekonomie, flug flouheid…

Ek sal jou so sê, as ek gespeel het sou die kwotas my beslis nie trots gemaak het om bok rugby te speel nie, nog minder n BEE afrigter en afrigter span. n Afrigter het ongelooflik baie invloed op n speler se spel peil….meer as wat jy krediet voor gee.

Jakkalas ·

Die probleem glo ek is grootliks die afrigters en keurders. Eerstens moet die afrigter vir die bestuur laat weet wat hy beoog om te bereik en hoe….dan kies jy spelers wat daarby gaan inpas. Die job word dan vir die afrigters om daai spelers te laat saam “gel” om as ‘eenheid re speel volgens ‘n plan en doelwit deur die spelers se sterkpunte aan te vul. Ontwikkeling van hul vaardighede moet prioriteite word i.p.v. ure in die gym te spandeer. “Work smarter, not harder”. Ons het nie kundige afrigters in die Bok setup nie, geensins nie….. keurders wat talent ken en raak kan sien nie. Ontgin daai spelers en moet hulle nie onnosel “coach” nie. Kies die beste spelers en los die nommers vir mense wat die finansies behartig. Kry die basics reg dan werk jy aan die ander dinge. Gooi die dooie onkundige hout uit SA rugby uit en kry die regte mense in die bestuur poste in. Anders sal ons die publiek maar belangstelling verloor en rugby ‘n stadige dood sterf in die land en pawiljoene leegloop wat reeds gebeur.

Ben ·

Op internasionale vlak word spelers nie meer afgerig nie. Nie voor en ook nie agter nie. Die speler beskik oor die vaardigheid of nie. Die werk van die afrigter is om toe te sien dat die speler sy vaardighede verbeter. Die afrigter moet hierdie vaardighede in een strategie kan saamsnoer. Hy moet wedstrydplanne beraam waarin hierdie vaardighede die beste aangewend kan word.Dieselfde geld vir verdedigings planne. Hulle gaan oorlog toe en die afrigter is die generaal. Wen of verloor is in sy hande.

Patetiese bal hantering, besluitneming en slapgatgeit kan nie voor die deur van die afrigter gele word nie. Die lot van die spelers is in n gemaksone omdat hulle alies gelek word en daar nie vir hulle bedreigings is nie. Op die huidige is geen, maar geen, speler die springbok trui werd nie. Inteendeel, hulle maak die trui goedkoop.

Bekommerde ondersteuner ·

In NZ en AUS speel die kinders op laerskool raak rugby, nie soos ons kinders bulletjie rugby nie. M.a.w die kinders word van kleins af geleer om spelers te ontwyk, voordat hulle op hoerskool begin kontak rugby speel. Die problem met ons rugby is die intelek van ons afrigters. Enige een kan sien NZ se spelers is baie fikser as ons spelers. Kyk net hoe vining kom hulle weer op hul voete en terug in die verdedigings linie na hul duikslae uit gevoer het. Dit is baie belangrik dat jou fiksheid vlakke op ‘n sekere standaard is want dan kan jy, soos Steve Hansen dit noem “skills under pressure” he. ‘n Groot problem vir my is ook die visie van RSA se agter spelers wat instiktief besluite moet neem, ARG het ons agterspelers met hul flair heentemal oorskadu. Dit het tyd geword dat RSA rugby die regte persone met rugby breine bymekaar kry en nie laat gaan Ierland toe nie. Wat het geword van die storie dat die super rugby afrigters die keurpaneel voortaan gaan wees

Jan ·

Coetzee gaan in elk geval dieselfde groep kies. Hy weet nie van beter nie.

Suid Afrika rugby spelers en en afrigters is n grap met geen trots!!! ·

Hoe kan jy verwag om te wen met middelmatigheid tot powerheid tot jou beskkiking?
Dit begin heel bo by AC ,is hy die beste om die Basterbokke af te rig, is daar regtig niemand beter nie?
Of is hy maar net nog n kwota afrigter,daar omdat ons glo in die Anc en sy kwota stelsel moet maar net toegelaat word om rugby ok wat eens die trots van Suid Afrika was ook op te dons nes alles anders!
Ek meen wat is die man se kwalifikasies???
Wil maar voorkom my enige ou kan nou maar die bokke kom afrig ongeag van jou kwalifikasies .

Die wat wel kan en mag afrig wil nie want hul weet hul veg n opdraande geveg teen kwotas politiek en inmenging wat die span verswak!!!
Teen spanne soos die All blacks kan jy nie bekostig om net tien van jou land se beste regtige egtige spelers te speel nie hul sal jou vemorsel!

Dan die spelers, wat nie op verdienste in die span inloop.N klomp geen trots afkop hoenders wat rigtingloos rond skarrel kry maar nogsteeds sy vet betaling na n onder middel matige vetoning??
Begin by die regte “Coach” met die regte kwalifikasies wat die regte spelers sal kies, want net die sal weet van beter, wat die regte rugby spel patroon en afrigting sal gebruik en die beebasterbokke word weer Springbokke!!! Tot dan ontrek ek my borge en ondersteuning want ek het trots en die lot trek die eens trotse Springbok naam deur die modder met hul pynlikke middelmatige onbeholpene vertonings!

Johan Hougaard ·

Ons rugby is oppad na die afgrond-net soos die politiek, ekonomie, misdaad, werkloosheid ens.
Net ‘n paar vertrekpunte vir stof tot nadenke:
Ervare afrigters met ‘n suksesrekord het kwotabeleid gekritiseer, en word daarom nie betrek of aangestel nie-Nick Mallett, Carel du Plessis, Rassie Erasmus, Johan Ackerman-om net ‘n paar te noem.
Balvaardighede ontbreek totaal en al: NS, Veral, en Ander Internasionale spanne se voorspelers hanteer soos agterspelers
om nie van hul vaart te praat nie. Agterspelers is so sterk soos voorspelers
en is net so vaardig en sterk by die afbreekpunte.
Ons het krag-tot-krag rugbyskole: wat word van die talent na skool?-klubrugby en universiteite het darem gewild en mededingend geword.
Administrateurs, met enkele uitsonderings, het nog nooit rugby gespeel nie!
Wynplaas en braaigroete!

loskop ·

Neels , hy is heeltemal reg ,n span speel soos hy oefen , ongelukkig oefen die Springbokke
soos n klomp laerskool kinders, daar is geen dringendheid by hulle nie.Netso behoort BEAST EN DE ALLENDE nie meer in die begin span of in die groep nie . Laastens het COETZEE as afrigter
al ooit n SUPER 12 , 15 TITEL by die Stormers gewen , maar hy is Springbok afrigter
met groentjies as hulp afrigters

Tokkie Potgieter ·

Ek stem met Johan Hougaard saam behalwe met sy voorstel van afrigters. Nick Mallet het sy kans gehad en nie veel uitgerig nie, nie met SA en ook nie met Italië nie. Al die ander name wat hy noem se afrigting rekord is hoogstens middelmatig. Ons moes Eddie Jones gegryp het toe hy die WP wou afrig maar nee, ons almal wil mos ‘n SA afrigter hê. Kyk hoe het Japan gespeel in die Wêreldbeker en kyk hoe vaar Engeland vandag? Drie oorwinnings in Australië teen Australië!!! Dit wil gedoen wees. Dit was ook nie Jake White wat vir SA die wêreldbeker gewen het nie en as jy mooi kyk na die afrigterslosies gedurende wedstryde wat gespeel was sou jy Eddie Jones se gesig in die agtergrond gesien het. Na die wêreldbeker was Jake ook niks meer as middelmatig nie en kyk waar is hy nou. Maar stel nou net voor dat oorsese afrigters nuwe vuur moet kom inblaas en hoor dan hoe kruisig hulle jou om die braaivleis vure. Die ironie van die saak is dat ons sal nooit die top afrigters in die wêreld trek nie want nie een van hulle is bereid om die werk te doen met die huidige politieke eise wat aan rugby afrigters gestel word nie. Ons sal maar tevrede moet wees met dit wat hier is, AC ingesluit.

Stephen ·

Ons hele sisteem is siek . Kyk na ons curriebeker en superreeks . Hoe swak vaar ons daar
gn wonder die stadions is so leeg nie . Net ons skole ruby is iets om na te kyk

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.