Dobson lê snoeiskêr teen Vrystaat in

Die WP-afrigter John Dobson het kwaai gesnoei (Foto: youtube.com).jpg

Die WP-afrigter John Dobson het kwaai gesnoei (Foto: youtube.com).jpg

Die Westelike Provinsie se afrigter John Dobson het die snoeiskêr behoorlik ingelê na die loesing teen die Blou Bulle en het agt veranderinge aangebring vir Vrydagaand se Curriebekerwedstryd teen die Vrystaat Cheetahs op Nuweland.

Noemenswaardig is die insluiting van Sikhumbuzo Notshe as agsteman nadat hy Dinsdag van die Springbokgroep vrygestel is, en die keuse van die Olimpiese sewesspeler Cheslin Kolbe op die bank.

Die Springbok Jaco Taute (heelagter) is ook weer saam met die vleuel Kobus van Wyk, die senter Johnny Kotze en die losskakel Brandon Thomson terug in die span en Huw Jones skuif van buite- na binnesenter in `n posisionele skuif.

Voorlangs is Kobus van Dyk nou die steelkantflank, Rynhardt Elstadt die nommer 6 met Jan de Klerk wat slot toe skuif.

Span –

Jaco Taute, Kobus van Wyk, Johnny Kotze, Huw Jones, Leolin Zas, Brandon Thomson, Jano Vermaak, Sikhumbuzo Notshe, Kobus van Dyk, Rynhardt Elstadt, Chris van Zyl (kapt.), Jan de Klerk, Wilco Louw, Scarra Ntubeni, Alistair Vermaak. Bank: Martin Ferreira, JC Janse van Rensburg, JP Smith, Jurie van Vuuren, Godlen Masimla, Robert du Preez, Cheslin Kolbe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.