Doodsnikke-drie kelder die Lions

Die Lions se slotte Marvin Orie en Andries Ferreira beskerm Franco Mostert in die wedstryd teen die Blues. (Foto: GB Jordaan)

Die verrassing van die korst seisoen tot dusver, en welverdiend.

Die Blues van Auckland het Saterdag die eerste keer sedert 2004 op Ellispark met die Lions afgereken met ʼn baie laat drie wat verdoel is en hulle met 38-35 laat wen het. Albei het vy keer in die drieëfees gaan druk.

Die Blues, wat in ʼn stadium met 10-28 agter was, het egter verdien om te wen, soos die volgende statistiek aandui (Lions eerste genoem):

Besit 36-64; gebied 29-71; meters gehardloop: 434-600; uitgeë: 83-190; verdedigers geklop: 17-29; besit afgestaan: 13-11; duikslae: 115-51; mislukte duikslae 29-17; losskrums gewen 35-89; losgemale: 4-2; skrums, lynstane en strafskoppe: ewe veel.

Dit was ʼn wedstryd wat teen ʼn geweldige pas afgespeel is, miskien te vinnig, en veral deur albei spanne sonder genoeg respek vir balbehoud. Dit was feitlik ʼn geval van een vir jou, een vir my, soos die twee spanne besit omgekeer en aan die teenstanders aanvalsgeleenthede en selfs drieë geskenk het.

Die Lions het hulle kaptein Warren Whiteley na net 18 minute met ʼn kniebesering verloor wat hom straks ʼn week of twee van die veld sal hou. Miskien is dít waar sake omgedraai is, want na rustyd was daar sonder Whiteley se kalmerende invloed in die geheel minder struktuur en meer mislukte duikslae aan Lionskant

In die skrums het die Blues verras en die Lions harde bene laat kou, maar dit was nie eensydige sterk skrumwerk van hulle nie. Die Lions het ook ʼn strafskop of twee in hierdie faset gemelk – en met twee pakke wat kán en wíl skrum was daar bitter min kere dat daar oorgeskrum moes word.

Te los, te struktuurloos, maar lekker rugby – en die neerlaag hopelik ʼn dure les wat deur die Lions ter harte geneem sal word.

Puntemakers –

Lions (21) 35: Drieë: Sylvian Mahuza, Rohan Janse van Rensburg, Elton Jantjies, Aphiwe Dyantyi, Dylan Smith. Doelskoppe: Jantjies (5).
Blues (10) 38: Drieë: Akira Ioane, Rieko Ioane (2), Jimmy Tupou, Murphy Taramai. Doelskoppe: Bryn Gatland, Stephen Perofeta (4). Strafdoel: Gatland.

♦  Die Sunwolves het meer struktuur en veggees as die Southern Kings en sal seker uiteindelik darem beter as die Kings in die Pro14-reeks vaar, maar hulle is (bly) die groot brak kol in die nuwe Superreeks wat vanjaar ingestel is.

Met die teleurstellende Jaguares, veral vanjaar, wat kort op hul hakke is …

Saterdag het die Sunwolves, teen die Sharks waar ʼn paar manne speelkans gekry het wat seker nie eintlik onder Robert du Preez se uitsoekspelers tel nie, met 22-50 pak gekry. Die Sharks was boonop allermins op hulle beste, hoewel daar goeie oomblikke met pragtige en goeie rugby.

Die gedagte was om met die Sunwolves se insluiting in die ou Super18 in die reeks rugby in Japan te bevorder. Goed en wel, maar met name soos Millar, Hattingh, Leich, Britz, Little, Van Wyk, Van der Walt, Labuschagne, Quirk, Robinson, Topou, Teaupa en Lemeki maak dit mos nie sin nie?

Die Wolves is in die reeks oor die groter getal televisiekykers wat inkomste vir die TV-organisasies beteken. Maar kyk die Japanners regtig na rugby waar hulle “uitsoekspan” uit hulle ligaspelers week na week afgeslag word en waar 13 van die uitsoek-23 nie Japanners is nie? En dan boonop ook nog week na week slae kry?

In elk geval, benewens ʼn paar mooi bewegings en, dit moet ʼn mens toegee, hul harte uitspeel, was die Sunwolves Saterdag weer ʼn mors van rugbykyk-tyd, behalwe as jy ʼn ondersteuner van die Sharks was.

♦  Volgende week speel die Wolves teen die Lions op Ellispark, en dit sal wees teen ʼn Lionsspan wat na hul neerlaag teen die Blues sal besef hulle durf nie op hul louere rus nie.

Vir hekgeld en die mense/organisasies wat losies op Ellisparkbedryf, sal die wedstryd weinig beteken.

Puntemakers –

Sharks (24) 50: Drieë: Makazole Mapimpi 2, Akker van der Merwe, Tera Mtembu, Jacques Vermeulen, S’bu Nkosi, Cameron Wright. Doelskoppe: Robert du Preez (5), Curwin Bosch. Strafdoel: Du Peeez.
Sunwolves (3) 24: Drieë: Lomano Lemeki, Yutaka Nagare, William Topou. Doelskoppe:  Kotaro Matsushima, Ryoto Nakamura. Strafdoel: Harumichi Tatekawa.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

6 Kommentare

DHK ·

Toe kom die Leeus met ‘n skok agter hulle kan nié op water loop nie. En steeds is ‘n middelmatige Bulls die enigste SA span wat tot dusver Nieu Seelandse teenstand kon klop. Ironies, nê?

Nico ·

Die verloor is omdat Barry of Peypers nie die weddtryd hanteer het nie!

Frans C ·

Dit was ‘n bisarre wedstryd tudden die Lions en Blues.Bisar in die opsig dat die Lions ‘n voorsprong te maklik prysgegee het en bisar in die opsig van die skrumreël vertolking deur die skeidsregter.
Die reël is gewysig om te sorg dat spanne die bal haak en nie net oor die bal stoot nie.
Maar soos die die skeidsregter dit vertolk het moet net die span wat ingooi die bal probeer haak en kan die ander span ‘n agtman skrum uitvoer.

Die gevolg is dat veral die Blues net gewag het dat die Lionshaker sy voet optel om die bal te haak en met ‘n agtman skrum die Lionsvoorry totaal te ontwrig,tot so’n mate dat
voorry baie kere onder druk opgestaan het.

Daar is dus geen voordeel om die bal in die skrum in te gooi nie.Die Blues het die beste by die vertolking aangepas en dit tot hul voordeel uitgebuit.Die Lions se ‘exit plan’ uit hul 25 was swak en hul weet nou jy kan nie met elke bal uit die gebied hardloop nie.
Dit het hul die wedstryd gekos.

‘n Ander beslissing is die druk van ‘n bal in die doelgebied.Wanneer ‘n skop afgestorm word is die speler nie in beheer van die bal nie en moet mi net die bal raak met sy hand.Verstaan dus nie hoe TMO kon besluit speler was nie in beheer val bal nie,die bal beweeg in die doelgebied rond.

Frans C ·

Striking after the throw-in
Law 20
Once the ball touches the ground in the tunnel, any front-row player may use either foot to try to win possession of the ball. One player from the team who put the ball in must strike for the ball.
Rationale: To promote a fair contest for possession.

Hierdie is mi ‘n onsinnige reël, want die opponent is deur ‘n 8man skrum in ‘n beter posisie,omdat voorry onstabiel raak onder druk sodra haker sy voet oplig of ander voorryman van die ingooiende spand dit probeer.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.