Dreyer kry sy groot kans; drie ander Bok-veranderinge

Ruan Dreyer – maak sy toetsbuiging (Foto: GB Jordaan)

Daar is vier veranderinge aan die Springbokke se opdrafspan vir Saterdag se derde toets teen die Franse wat op Ellispark gespeel word, die plek waar die besoekers tot dusver al vier toetse teen die Bokke gewen het.

Ruan Dreyer, wat vanjaar meer speelkans vir die Lions op vaskop kry, se Lionsspanmaat, Julian Redelinghuys, kry sy eerste kans in die Springboktrui. Hy vervang Frans Malherbe en sal langs Malcom Marx, sy voorrymaat by die Lions, in die skrums sak.

Malherbe is glad nie in die 23-tal vir die wedstryd nie.

Op flank begin Jean-Luc du Preez in die plek van Oupa Mohoje wat weens harsingskudding nie beskikbaar is nie. Du Preez het hom verlede week na 14 minute vervang en was een van die Bokke se uitblinkers.

Agter die skrum speel Francois Hougaard in die plek van Ross Cronje wat ook harsingskudding in verlede week se toets opgedoen het. Hougaard het verlede jaar slegs as vleuel vir die Bokke gespeel.

Francois Hougaard (Foto: GB Jordaan)

Harsingskudding is die tema met drie van die Bokveranderinge. Jesse Kriel, wat verlede week moes uitsit weens harsingskudding, het sy protokols geslaag en vervang Lionel Mapoe wat verlede week vir hom op buitesenter ingestaan het. Kriel, was saam met Jan Serfontein aan sy binnekant een van dié suksesverhale in die eerste toets.

Du Preez se keuse vir die opdrafspan weens Mohoje se harsingskudding gee aan Jaco Kriel sy eerste kans vanjaar om dalk van die bank af weer voor sy tuisskare te speel.

Op skrumskakel vervang Rudy Paige vir Hougaard op die bank nadat hy tot die beginspan bevorder is.

Springbokspan –

Andries Coetzee, Raymond Rhule, Jesse Kriel, Jan Serfontein, Courtnall Skosan, Elton Jantjies, Francois Hougaard, Warren Whiteley (k), Jean-Luc du Preez, Siya Kolisi, Franco Mostert, Eben Etzebeth, Ruan Dreyer, Malcolm Marx, Tendai Mtawarira. Bank: Bongi Mbonambi, Steven Kitshoff, Coenie Oosthuizen, Pieter-Steph du Toit, Jaco Kriel, Rudy Paige, Frans Steyn, Dillyn Leyds.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Louis ·

Dryer verdien n kans. Sterker derduiwel , Rhule is baie gelukkig om in die begin span te wees, Leyds beter speler

Josua Keys ·

Rhule is nie n slegte speler nie maar ek sou ook Dillyn daar wou sien, Rhule het mos twee wedstryde gespeel so as Allister sy rotasie stelsel wil laat werk moes Dillyn Saterdag n kans gekry het om te begin. Frans Steyn moes ook begin het en Jessie op die bank “HY WAS MOS BESEER OF NIE”

Josua Keys ·

Ek sien Coetzee begin ook nou met ‘n rotasie stelsel wat ‘n goeie ding is, ek soms kwaad geword vir Johan Ackermann en Swys Joubert se rotasie stelsel by die Lions maar dit het gewerk want die regte spelers was geroteer, waarom is Ruan Combrink dan nie ‘n kans gegee nie???? Mapoe was daar en het sy kant gebring. Jaco Kriel moes saam Jean-Luc Du Preez begin het, dit is hier waar julle as afrigters besig is om Jaco Kriel en Dreyer se talent te mors, gaan hy weer net 10 minute speelkans kry soos in laasjaar dan wil almal weet waarom hy laasjaar nie goed gelyk het nie. Ruan Dreyer moes al in die eerste twee toetse gespeel het, nou dat die reeks beklink is nou eers kry hulle speelkans “What a Joke” waarom nou die ouens se tyd mors Super Rugby begin weer volgende week, hoekom moet hierdie twee manne nou ‘n punt bewys vir ‘n reeds gewone saak en moontlik beserings mag opdoen. Allister Coetzee is in elk geval nie van plan om Jaco Kriel en Ruan Dreyer sy eerste keuses te maak nie “WHAT A GOOD WASTE OF EXCELENT RUGBY PLAYERS” plaas julle die manne terug stuur na die Lions Unie toe dan kon hulle moreaand teen die Bulle speel en fiks bly vir die res van die Super Rugby reeks want julle mors in elk geval die manne se tyd by die Bok groep en hulle verdien beslis meer krediet as dit.

Jaybee ·

Stem saam met meeste van die kommentare, Dreyer moes beslis in die eerste twee toetse gespeel het. Dillyn het ‘n kans in die begin span verdien, net Coetzee sal weet wat Paige daar maak.

Lol ·

Coenie nou permanente impakspeler? Word Frans Malherbe beskerm van beserings of nie meer goed genoeg? Ruan Combrinck beter afgeronde speler as albei huidige vleuels en plaasvervangers- waneer kry hy weer beurt? Hoop en bid Marx word nie beseer nie, want dan is ons in moeilikheid- hy moet beskerm word asook Bekker. Marx en Bekker enigste Springbokke wat ‘n 2017 Wereldspan sal maak?

Lol ·

Verskoning Etzebeth ,nie Bekker nie. Het vroeer aan hom gedink.

louw ·

Wat is protokols in die konteks waarin julle dit gebruik is dit korrekte taal gebruik.

zahn ·

Drop vir Beast. Hy kan nou in kinderverhale die slegte ou gaan speel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.