Dreyer terug na Ackers heelwat verander vir WP-stryd

Rohan Janse van Rensburg. (Foto GB Jordaan).jpg

Rohan Janse van Rensburg. (Foto GB Jordaan).jpg

Terwyl die WP nog sweet oor wie benewens Scarra Ntubeni die naweek dalk nie op Ellispark sal kan speel nie, het Johan Ackerman-hulle ʼn tikkie goeie nuus gekry en ook die snoeiskêr mildelik ingelê na die Blou Bulle hulle geklop het.

John Dobson, wat benewens Ntubeni ook die agsteman Sikhumbuzo Notshe sal moet vervang, hoop dat die twee losvoorspelers Nizaam Carr en Rynhardt Elstadt reg sal wees na hulle moes aflê. Daar is ook twyfel of die senter Huw Jones (dyspier) sal kan speel.

En terwyl Dobson boonop weet hy sal nie vir Oli Kebble (heupbesering) kan gebruik nie, het die Leeus vir Ruan Dreyer as vaskopstut vir Vrydagaand se wedstryd terug na hy lank afgelê het.

Hy begin in die plek van Jacques van Rooyen wat op die bank is.

Die Springbok Marnitz Boshoff se weglating uit die groep van 22 is nie ʼn verrassing nie. Hy het teen die Blou Bulle gesukkel om sy agterlyn aan die gang te kry en word deur Jaco van der Walt vervang.

Daar is ʼn nuwe slot JP du Preez en die lostrio sien ook daar anders uit. Ruan Ackermann is nou die vaskopflank in die plek van Cyle Brink met Kwagga Smit wat aan die ander kant sak, en Fabian Booysen is die agsteman.

Howard Mnisi, wat die afgelope tyd nie op die piek is nie, is op die bank en Rohan Janse van Rensburg skuif na sy plek op binnesenter met Jacques Nel wat buitesenter speel.

Selom Gavor is die vleuel in die beseerde Courtnall Skosan se plek.

Goue Leeus –

15 Andries Coetzee, 14 Selom Gavor, 13 Jacques Nel, 12 Rohan Janse van Rensburg, 11 Anthony Volmink, 10 Jaco van der Walt, 9 Ross Cronje (kapt.), Fabian Booysen, 7 Ruan Ackermann, 6 Kwagga Smith, 5 Lourens Erasmus, 4 JP du Preez, 3 Ruan Dreyer, 2 Robbie Coetzee, 1 Dylan Smith. Bank: 16 Akker van der Merwe, 17 Jacques van Rooyen, 18 Andries Ferreira, 19 Cyle Brink, 20 Ruaan Lerm/Steph de Wit, 21 Ashlon Davids, 22 Howard Mnisi

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Josua keys ·

Johan en Swys soek op die verkeerde plekke die antwoorde, die oplossing is Dillion Smit op losskakel, Andries Coetzee Regter vleul, Volmink het net so droog gemaak en moet vervang word met Selom Gaver op linker vleul tot Skosaan weer sy plek kan vul. Skosaan is nie n regter vleul nie en hy is swak onder die “up and under” daarom skuif ek eerder Andries na regter vleul Jaco VD Walt moet op heelagter bly hy het uistekend gedoen in die super 18 en kan vinnig dink op sy voete, Dillion Smit vedien beslis meer speel kans was uitstekend by die Pukke so twee jaar gelede en sal goed inslot op 10 Bossie was nie die probleem nie Munisie het nie geweet wat aangaan teen die bulle nie en het in die verkeerde posisies opgeduik .

Frans C ·

Ackerman se rondvallery dui net op en ding en dit is dat naas die Super 18 span daar nie ‘n soliede kern is om hul te vervang nie en daarom word daar naarstiglik gesoek na kombinasies wat werk.

Dit is dus neusie verby vir die Goue Leeus want Suid Afrika se laaste wedstryd is op 8 Oktober.Die Curriebeker gaan dus in die effens afgewaterde kompetisie ‘n nuwe baas kry.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.