Drie Bok-groeplede versterk Streeptruie

Chris van Zyl – vyftigste wedstryd. (Foto: WP Rugby)

Die Westelike Provinsie het sy opdrafspan vir Saterdag se wedstryd teen Griekwas op Nuweland met drie terugkerendes uit die Springbok-kamp versterk, vergeleke by die span wat teen die Pumas verloor het.

Dillyn Leyds (heelagter), Damian de Allende (binnesenter) en Wilco Louw (vaskopstut) vervang onderskeidelik vir Craig Berry, die beseerde buitesenter EW Viljoen, en Michael Kumbirai.

Huw Jones skuif buitesenter toe om vir De Allende plek te maak.

Op haker kry Chad Solomon sy eerste kans in die opdrafspan. Hy vervang Ramone Samuels.

Jano Vermaak kry ʼn blaaskans, met Dewaldt Duvenhage wat die oond sal skoonmaak en die Blitsbok Werner Kok is die linkervleuel in Ruhan Nel se plek.

Van die manne op die bank kan Dean Muir (haker) en Johan du Toit (losvoorspeler) hul buiging vir die WP maak.

Die slot en kaptein, Chris van Zyl, speel in sy 50ste wedstryd vir die Streeptruie.

Die span:

  1. Dillyn Leyds, 14. Seabelo Senatla, 13. Huw Jones, 12. Damian de Allende, 11. Werner Kok, 10. Damian Willemse, 9. Dewaldt Duvenage, 8. Nizaam Carr, 7. Cobus Wiese, 6. Jaco Coetzee, 5. JD Schickerling, 4. Chris van Zyl (kaptein), 3. Wilco Louw, 2. Chad Solomon, 1. JC Janse van Rensburg. Bank: 16. Dean Muir, 17. Caylib Oosthuizen, 18. Johan du Toit, 19. Sikhumbuzo Notshe, 20. Justin Phillips, 21. Robert du Preez, 22. Ruhan Nel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Henk ·

Hopelik kyk Coetzee hierdie wedstryd en besef hy dat hy NIE sonder Leyds, Kok en Ruan Combrink vorentoe kan gaan nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.