Drie Franse afrigters geskors ná klapvoorval

Drie afrigters in die Franse Top14-reeks is geskors en hul klubs beboet weens ʼn klapvoorval waarby hulle tydens ʼn kragmeting in dié reeks betrokke was.

Luidens berigte is Fabien Galthié, die hoofafrigter van Toulon, Christophe Urios, Castres se hoofafrigter, en Frederic Charrier, ʼn hulpafrigter van laasgenoemde klub, elk vir vier weke geskors.

Dit spruit uit ʼn insident twee weke gelede toe Galthié en Charrier in ʼn kwaai woordewisseling langs die veld betrokke geraak, en Urios vir Galthié ʼn ligte oorveeg gegee het.

Die liga se tugkomitee het bevind die drietal se “woorde en gedrag” kon die gladde werking van die reeks beduiwel.

Die betrokke klubs is ook elk met €10 000 (sowat R160 000) beboet, en Toulon met ʼn verder €5 000 (sowat R80 000) omdat hy ongemagtigde mense langs die kantlyn toegelaat het.

Galthié sal deur Suid-Afrikaners onthou word as die man wat destyds sonder seremonie by Montpellier die trekpas gekry het om vir die gewese Springbokafrigter Jake White plek te maak, en toe in ʼn regsgeding met die klub se eienaar, Mohed Altrad, betrokke geraak het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Nakkie die Nar ·

Hoogtyd dat paar klappe (in rugbybaas-kantore) in SA uitgedeel word.
Franse is passievol oor hul rugby, SA is verby “sell by date”.
Kom Engeland, KOM, kannie WAG Junie 2018!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.