Drie geelkaarte kry Goue Leeus nie onder nie

Shaun Reynolds (10) van die Goue Leeus probeer die Pumas se JP Lewis stuit. (Foto: Steval Pumas/Johan Nothling)

Drie geelkaarte kon nie Vrydag op Ellispark keer dat die Goue Leeus-vyftiental sy gesag in die Noorderafdeling van die Supersportreeks afdwing nie.

Justin Ackermann (15de minuut), Marvin Orie (64ste) en Pieter Scholtz (73ste) moes almal ʼn slag gaan afkoel.

Desondanks het die tuisspan met 35-25 gewen, nadat hy rustyd reeds met 21-12 voor was.

Dit vestig die Johannesburgse span in die eerste plek in dié afdeling.

Die Leeus se losskakel, Shaun Reynolds, het 15 punte met ʼn drie en vyf doelskoppe aangeteken. Hy is met 80 steeds die voorste puntemaker in die reeks.

♦ In die Vrystaatstadion in Bloemfontein het die Vrystaat-vyftiental sy neus veilig in die tweede plek voor die Luiperds ingedwing met ʼn sege van 35-32 (rustyd 22-17) oor die Noordwesters.

Marco Mason, die Vrystaatse heelagter, het 20 punte met ʼn drie en drie elk doelskoppe en strafdoele behaal, en het met 66 dusver die tweede meeste punte in die reeks aangeteken.

Die Luiperdsflank Gideon van der Merwe het drie drieë gedruk.

Die puntemakers –

Goue Leeus 35 (21) – Drieë: Aphiwe Dyantyi (2), Shaun Reynolds, Jano Venter, Fabian Booysen. Doelskoppe: Shaun Reynolds (5).

Pumas 25 (12) – Drieë: Marko Janse van Rensburg, Jean-Paul Lewis, Ryan Nell, Frank Herne. Doelskop: Sias Ebersohn. Strafdoel: Sias Ebersohn.

Vrystaat 35 (22) – Drieë: Joseph Dweba, Stephan Janse van Rensburg, JW Jonker, Marco Mason. Doelskoppe: Marco Mason (3). Strafdoele (3).

Luiperds 32 (17) – Drieë: Gideon van der Merwe (3), Henko Marais. Doelskoppe: Gerhard Nortier (2), Schalk Hugo. Strafdoele: Gerhard Nortier (2).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.