Drie Junior Bokkapteins en ʼn Blitsbok in lostrio’s

Kwagga Smith (Foto raysrugby.com)

Kwagga Smith (Foto raysrugby.com)

Drie voormalige Junior Springbokkapteins aan die Blou Bulle se kant en die Blitsbok Kwagga Smith as lid van die Goue Leeus se lostrio is van die interessanthede in die twee Gautengse buurspanne vir Vrydagaand se Curriebekerwedstryd op Loftus.

Die man wat baie mense voel moes Woensdag op die vliegtuig na Australasië gewees het, die binnesenter Rohan Janse van Rensburg, is ook na sy besering terug in Johan Ackermann se span. Hy sal egter in  dié wedstryd buitesenter speel.

Die Bulle het benewens die drie oud-kapteins van die Junior Bokke, Arno Botha (2011), wat flank toe skuif om vir Hanro Liebenberg (2015) plek te maak, en Ruan Steenkamp (2013), voorlangs ook vir Pierre Schoeman op loskop in  die plek van Lizo Gqoboka gekies.

Benewens die insluiting van Smith op flank vir die Goue Leeus, is die keuse van Robbie Coetzee ná sy besering bo Akker van der Merwe as haker ook ʼn interessante keuse in ʼn gedugte pak wat ook almal heelwat ondervinding van Superrugby het.

Spanne –

Blou Bulle
15 Duncan Matthews, 14 Travis Ismaiel, 13 Dries Swanepoel, 12 Burger Odendaal, 11 Jamba Ulengo, 10 Tian Schoeman, 9 Piet van Zyl, 8 Hanro Liebenberg, 7 Arno Botha (kapt.), 6 Ruan Steenkamp, 5 Marvin Orie, 4 RG Snyman, 3 Jacobie Adriaanse, 2 Jaco Visagie, 1 Pierre Schoeman. Bank: 16 Bandise Maku, 17 Martin Dreyer, 18 Nic de Jager, 19 Roelof Smit, 20 Andre Warner, 21 Joshua Stander, 22 Ulrich Beyers.

Goue Leeus
15 Andries Coetzee, 14 Courtnall Skosan, 13 Rohan Janse van Rensburg, 12 Howard Mnisi, 11 Anthony Volmink, 10 Marnitz Boshoff, 9 Ross Cronjé (kapt.), 8 Ruan Ackermann, 7 Cyle Brink, 6 Kwagga Smith, 5 Lourens Erasmus, 4 Martin Muller, 3 Jacques van Rooyen, 2 Robbie Coetzee, 1 Dylan Smith. Bank: 16 Akker van der Merwe, 17 Corné Fourie, 18 Victor Sekekete, 19 Fabian Booysen, Dillon Smit, 21 Jaco van der Walt, 22 Jacques Nel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.