Drie met SA wortels druk vir Franse klub

Flip van der Merwe (Foto: L'Equipe)

Flip van der Merwe (Foto: L’Equipe)

Drie toetsspelers met Suid-Afrikaanse wortels het Saterdag drieë vir Clermont Auvergne in sy sege van 65-13 oor Pau in die Franse Top14-liga gedruk.

Hulle is die Springbokslot Flip van der Merwe, die heelagter en Engelse toetsspeler Nick Abendanon, en die Franse toetsheelagter Scott Spedding, wat van die bank af buitesenter gaan speel het.

Abendanon is in Bryanston gebore, en Spedding het Superrugby vir die Sharks gespeel.

♦ Die gewese Stormers-kaptein Deon Fourie het Sondag ʼn drie vir Lyon gedruk in sy neeerlaag van 26-42 teen Toulouse.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.