Drie NS rugbyspelers oor web-opkikkers geskors

Drie Nieu-Seelandse rugbyspelers is vir twee jaar geskors nadat hulle verbode opkikkers deur ʼn webwerf bestel het.

Die man wat die webwerf bedryf het, is intussen tronk toe gestuur.

Brandyn Laursen, Tukiterangi Raimona en Lionel Skipwith is nie net uit rugby nie, maar uit alle sport geskors.

Hulle is deel van sowat 100 sportlui wat as kopers uitgewys is toe Medsafe, die Nieu-Seelandse medisynereguleerder op die webwerf Clenbuterol New Zealand toegeslaan het.

Dwelmvrye Sport Nieu-Seeland het hierop teen hulle opgetree.

Laursen is ʼn gewese provinsiale speler, die ander twee het slegs op klubvlak gespeel.

Al drie skorsings is terugwerkend tot verskillende datums in 2017 van krag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Andre ·

Welgedaan NZ!

Maar in Mzanzi sal die ‘fluitjieblaser’ geskors word!

Robert ·

Hulle moet nooit weer toegelaat word om by die sport betrokke te wees nie. Hierdie “tip” van die ysberg laat jou wonder wat gaan in rugby mal NZ aan!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.