Drie ‘nuwe’ Boktoevoegings tot Bulls se span teen Chiefs

Lood de Jager kry Donderdag sy eerste proesel Bulls-rugby (Foto telegraph.co.uk)

Lood de Jager kry Donderdag sy eerste proesel Bulls-rugby (Foto telegraph.co.uk)

Twee ou bekendes en ʼn nuweling is die opvallende Springbok-toevoegings tot verlede jaar se Bulls wat Donderdag in Brisbane in ʼn opwarmwedstryd teen die Chiefs speel.

Die Bulls het Dinsdag hulle span bekend gemaak met Handré Pollard wat op losskakel en as kaptein sal opdraf. Die span sluit ook die flank Jacques Potgieter, wat terug in Pretoria is, en die aanwins van die Vrystaat, Lood de Jager, in.

De Jager se slotmaat sal RG Snyman wees.

ʼn Interessante keuse is Jesse Kriel, hoofsaaklik senter vir die Bokke, wat as heelagter gekies is waar hy eerste die oog gevang het. En Trevor Nyakane, wat vanjaar op vaskop wil spesialiseer, is in die posisie ingesluit.

Op skrumskakel kry Rudy Paige kans voor Piet van Zyl wat op die bank van 12 aangewys is, soos ook ander ysters soos Lizo Gqoboka, Jason Jenkins, Warrick Gelant, Jacobie Adriaanse en Renaldo Botha, om slegs ʼn paar te noem ter stawing van die Bulls se diepte.

“Ons het nie veel tyd oor voor ons eerste wedstryde oor twee weke nie. Dit is dus belangrik dat sekere kombinasies in hierdie wedstryd goed vaar,” het die Bulls se afrigter Nollis Marais gesê.

“Die Chiefs is ʼn gedugte span en hierdie is ʼn belangrike wedstryd om te sien waar ons so vroeg in die seisoen staan.”

Die span met 12 spelers op die bank is:
Jesse Kriel, Travis Ismaiel, Dries Swanepoel, Burger Odendaal, Jamba Ulengo, Handre Pollard (kapt.), Rudy Paige, Hanro Liebenberg, Jacques Potgieter, Nic de Jager, Lood de Jager, RG Snyman, Trevor Nyakane, Jaco Visagie, Pierre Schoeman. Bank: Edgar Maruthulle, Lizo Gqoboka, Jason Jenkins, Ruan Steenkamp, Piet van Zyl, Tian Schoeman, Warrick Gelant, John-Roy Jenkinson, Jacobie Adriaanse, Renaldo Bothma, Francois Brummer, JT Jackson.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Johan ·

Bulls se probleem hierdie jaar is op skrumskakel ongelukkig.

David ·

Ek sal nie verstaan hoekom daar volhard word met Rudy Paige nie. Ivan van Zyl (o/21 Springbok) is ligjare beter!

Anne-Marie ·

Stem saam met David……….Rudy Paige is ligjare agter enige skrumskakel, speel vir Piet van Zyl , hy is ‘n baie beter roep……..!!!!!!

Marius Gerritsen ·

Waar’s Jan Serfontein. gedink hy’s gesond om te speel?

Jaybee ·

Ek het al verlede jaar gesê Rudy Paige hoort nie in die span nie. Ivan van Zyl moet die reserwe skrumskakel wees. Baie bly Handre Pollard is terug.

Johann ·

@Marius
Jan Serfontein sukkel nog n bietjie met n besering(dink sy rug), maar volgens die media behoort hy reg te wees vir die eerste game. Ek dink ook Piet is n meer volledige skrummie as Paige,maar die Bulls het n n skitterende pak voorspelers met baie diepte op die bank. Ek dink Nollis wil die skrummie net as n skakel gebruik tussen voor en agter en dan vir Pollard die calls laat maak. As Adriaan terukom het ons n kaptein voor en vir Pollard agter. Bulls speel semis die jaar ten minste!

Anti lib ·

Nog steeds die twee vetste senters in die wereld. Sal nerens kom nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.