Drie nuwes in Bokgroep vir Rugbykampioenskap

Curwin Bosch – in die Bokgroep (Foto: Facebook/ Timeline Photos)

Die Springbokafrigter Allister Coetzee het Saterdagaand drie nuwelinge in die Bokgroep van 34 spelers vir die begin van die Rugbykampioenskap aangekondig.

Nog drie spelers wat nie deel was van die reeks teen die Franse nie is ook nader getrek.

Die nuwelinge is die twee spelers van die Sharks, die losskakel/heelagter Curwin Bosch en die losvoorspeler Dan du Preez, en die heelagter van die Bulls, Warrick Gelant.

Die drie wat nie lid was van die groep vir die Franse reeks nie, is die flank van die Cheetahs Uzair Cassiem, die Bulls-losskakel Handré Pollard en die voorryman Trevor Nyakane.

Francois Hougaard is die enigste oorsese speler in die groep. Frans Steyn is nie weer gekies nie, waarskynlik weens sy verpligtinge by Toulon.  Die Lionsstut Ruan Dreyer wat in die derde toets gespeel het, is ook nie weer gekies nie.

Warren Whiteley, wat aangewys is as kaptein vir die reeks teen Frankryk maar weens ʼn besering aan die derde toets moes onttrek, is nie beskikbaar nie. Hy sukkel steeds met sy liesbesering en sal vir seker nog ses weke buite aksie wees.

Lionel Mapoe is net nie daar nie. Wel Damian de Allende …

Rohan Janse van Rensburg en Ruan Combrinck van die Lions, wat ondanks baie goeie vertonings ná hul terugkeer indruk gemaak het, het dit nie gemaak nie. Ook Lukhanyo Am, wat weens ʼn besering aan die groep moes onttrek, is nie gekies nie.

Die eerste toets in die Rugbykampioenskap is op 19 Augustus in Nelson Mandelabaai-stadion teen Argentinië.

Groep –

Voorspelers
Uzair Cassiem, Lood de Jager, Dan du Preez, Jean-Luc du Preez, Pieter-Steph du Toit, Eben Etzebeth, Lizo Gqoboka, Steven Kitshoff, Siya Kolisi, Jaco Kriel, Frans Malherbe, Malcolm Marx, Bongi Mbonambi, Oupa Mohoje., Franco Mostert, Beast Mtawarira, Trevor Nyakane, Coenie Oosthuizen, Chiliboy Ralepelle.
Agterspelers
Curwin Bosch, Andries Coetzee, Ross Cronjé, Damian de Allende, Warrick Gelant, Francois Hougaard, Elton Jantjies, Jesse Kriel, Dillyn Leyds, Rudy Paige, Handré Pollard, Raymond Rhule, Jan Serfontein, Courtnall Skosan, Francois Venter.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

RayB ·

Kon maar vir Bongi en Chili beide uitgelos het. Marx en Akker is twee van die beste in die wêreld

Danie du Plessis ·

Voerspoed julle gaan dit nodig he. Nie die beste span wat daar is nie.

Callie ·

Grappig, Gelant, Oupa Mahoje, Paige, Chilliboy, Rhule, Bongi Mbonambi, Coenie Oosthuizen, Paige, almal derde tot vyfde besste in hul posisies in land. Teen AB geen kans. Met die besstes in land daar het ons byna nie n kans. Sal dinge nooit verander nie.

pbotha ·

Super finaal het gewys ons het die guts en spelers…maar kies die regte manne. Vleuels is af..jan en jesse tans puik, maar waar is venter? Loosies te veel ouens wat nie daar hoort nie. Lood en Rudi nog regtig gehalte? Twee hakers daar sonder verdienste.Gtootste skokke Akker en Combrink. Ons sal die heel beste moet he in d finale 15 om enige impak te maak.

Josua Keys ·

En so gaan ons verder verneder word op die Rugby veld, kies asb net vir PYPER en JONKER dan is alles sommer gou verby nog voor die eerste helfde verby is. Brendan sterkte vir jou en die res van die afrigting span want slae gaan ons beslis kry. Die keurders weier eenvoudig om te leer, want van rugby weet hulle niks, snoeker sal meer van pas vir hulle wees want daar wen die swart bal mos die wedstryd. Ons is al so gatvol vir die alewige BEE aanstellings dat ons naar word, as hulle tenminste die ouens op vorm gekies het sou ons nie gekla het nie dit sluit sekere wit spelers ook in.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.