Drie onoorwonne voorlopers het min te vrees

Die drie onoorwonne voorlopers in die Supersportreeks het Vrydag en Saterdag min te vrees in die kragmetings wat voorlê.

Die Vrystaat-vyftiental (Sentraal) speel Vrydag op Potchefstroom teen die Luiperds; en die Pumas (Noord) en die Westelike Provinsie (Suid) Saterdag onderskeidelik teen die Goue Leeus-vyftiental in Nelspruit, en teen Grens in Kaapstad.

Van dié drie is dit waarskynlik net die Pumas wat ʼn redelike mate van teenstand te wagte kan wees.

In Welkom sal die Sharks-vyftiental moet ligloop teen die Griffons.

Die Suidwestelike Distrikte behoort in George met die Oostelike Provinsie af te reken, en die Blou Bulle-vyftiental is die gunsteling om die Welwitschias in Windhoek baas te raak.

Naweek se bepalings –

Vrydag

15:00 Luiperds teen Vrystaat, Fanie du Toit-sportterrein, Potchefstroom.

Saterdag

14:30 SWD teen OP, Rosemorestadion, George.
15:00 Pumas teen Goue Leeus, Mbombelastadion, Nelspruit.
15:00 Griffons teen Sharks, Welkom.
15:00 WP teen Grens, Philip Herbsteinpark, Constantia.
16:00 Welwitschias teen Blou Bulle, Hage Geingob-stadion, Windhoek.

Beskikbare spanne –

Luiperds

15 Gene Willemse, 14 Justin Newman, 13 Bradley Moolman, 12 Gerhard Nortier, 11 Lungelo Gosa, 10 Schalk Hugo, 9 Chriswill September, 8 HP Swart, 7 Johan Retief, 6 Gideon van der Merwe, 5 Walt Steenkamp, 4 Sthimbiso Mhlongo, 3 Matimu Manganyi, 2 Louis van der Westhuizen (kaptein), 1 Johan Smith. Bank: 16 Dane van der Westhuizen, 17 Ruan Grundelingh, 18 Jaco Swanepoel, 19 Boela Venter, 20 Nkosana Mathaba, 21 Merlynn Pieterse, 22 Evardi Boshoff.

Vrystaat

15 Ryno Eksteen, 14 Ruan van Rensburg, 13 Benhard Janse van Rensburg, 12 Lloyd Greeff, 11 Darren Adonis, 10 Ernst Stapelberg, 9 Rudy Paige, 8 Niell Jordaan (kaptein), 7 Ntokozo Vidima, 6 Gerhard Olivier, 5 Louis Conradie, 4 Stephan Malan, 3 Günter Jansen van Vuuren, 2 Joseph Dweba, 1 Erich de Jager. Bank: 16 Marnus van der Merwe, 17 Boan Venter, 18 Justin Basson, 19 Jasper Wiese, 20 Daniël Maartens, 21 Mthokozisi Mkhabela, 22 Ali Mgijima.

SWD

15 Leighton Eksteen, 14 Adi Jacobs, 13 Tyler Fisher, 12 Marlou van Niekerk (kaptein), 11 Alsaun Bock, 10 Robbie Petzer, 9 Johan Steyn, 8 Davon Raubenheimer, 7 Nicolaas Immelman, 6 Wayne Wilschut, 5 Cornell Hess, 4 Ruben Schoeman, 3 Basil Short, 2. Le Roux Baard, 1 Lux Koza. Bank: 16 Jacques Vermaak, 17 Teunis Nieuwoudt, 18 Dewald Dekker, 19 Wiehan Hay, 20 Janneman Stander, 21 Leegan Moos, 22 Kirsten Heyns.

Goue Leeus

15 Jeanluc Cilliers, 14 Selom Gavor, 13 Jan-Louis la Grange, 12 Wayne van der Bank, 11 Anthony Volmink, 10 Shaun Reynolds, 9 Ashlon Davids, 8 Len Massyn, 7 Vinvent Tshituka, 6 James Venter, 5 Rhyno Herbst (kaptein), 4 Conor Brockschmidt, 3 Jacobie Adriaanse, 2 Pieter Jansen, 1 Sti Sithole. Bank: 16 HP van Schoor, 17 Stephen Bhasera, 18 Darrien Landsberg, 19 Phumzile Maqondwana, 20 Marco Jansen van Vuren, 21 Siyabonga Masuku, 22 Howard Mnisi.

Griffons

15 Wynand Pienaar, 14 Ezrick Alexander, 13 Duan Pretorius (kaptein), 12 Arthur Williams, 11 Rodney Damons, 10 Jaun Kotzé, 9 Sherwin Cupido, 8 Cody Basson, 7 Vince Maruping, 6 Thato Mavundla, 5 Neill Claassens, 4 Gavin Annandale, 3 Danie van der Merwe, 2 Anrich Alberts, 1 JP Mans. Bank: 16 Johan Meintjies, 17 Rudi Britz, 18 JP Alberts, 19 Henco Greyling, 20 Jean Pretorius, 21 Malcolm Kerr-Till, 22 Joubert Engelbrecht.

Sharks

15 Courtney Winnaar, 14 Tristan Blewitt, 13 Jeremy Ward, 12 Johan Deysel (kaptein), 11 Aphelele Fassi, 10 Danrich Visagie, 9 Francois de Villiers, 8 Tera Mtembu, 7 Kwanda Dimaza, 6 Wian Vosloo, 5 Rikus Zwart, 4 Andrew Evans, 3 Khutha Mchunu, 2 Kerron van Vuuren, 1 Jordan Els. Bank: 16 Andrew du Plessis, 17 Mzamo Mjola, 18 Kyle Whyte, 19 JJ van der Mescht, 20 Cornelius Otto, 21 Grant Williams, 22 Rhyno Smith.

WP

15 Craig Barry, 14 Duncan Saal, 13 Dan Kriel, 12 Dan du Plessis, 11 Edwill van der Merwe, 10 Joshua Stander, 9 Justin Phillips, 8 Jaco Coetzee, 7 Chris Massyn, 6 Luke Stringer (kaptein), 5 David Meihuizen, 4 Ernst van Rhyn, 3 Michael Kumbirai, 2 Scarra Ntubeni, 1 Ali Vermaak. Bank: 16 Chad Solomon, 17 Caylib Oosthuizen, 18 Neethling Fouché, 19 Johan du Toit, 20 Herschel Jantjies, 21 Tristan Leyds, 22 Cornel Smit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.