Drie oorsese Bokke nou onder die mes

Besering halt weer sy rugby-vooruitgang (Foto Twitter)

Drie oorsese Springbokke wat van die beste rugby van hul loopbane speel, sal vir die volgende paar maande na operasies nie weer op die veld gesien word nie.

Ruan Combrinck het die naweek in Japan in ʼn klubwedstryd glo sy skouer sodanig beseer het dat hy ʼn operasie sal moet ondergaan. En Marcel Coetzee en Jaco Taute sal ook albei lank van die veld wees.

♦  Combrinck het na hy verlede jaar in die laste toets van die jaar teen Wallis sy skouer beseer het, eers midde-in vanjaar se Superreeks begin speel. Nou is dit nog ʼn skoueroperasie wat na alle waarskynlikheid wag – maar dit is glo nie dieselfde skouer wat weer beseer is nie.

♦  Taute, wat onder Rassie Erasmus by Munster in een van die voorste senters in Brittanje en Ierland ontwikkel het, het sy knieligamente Saterdag in ʼn Pro14-wedwstryd beseer.

Die 26-jarige senter is reeds geopereer en daar kan vir sy onthalwe gehoop word dat dit einde van sy lang lys uiteenlopende beserings is nadat sy voortgesette deelname aan die spel in 2013 twyfelagtig was. Daarna het hy net in 2014 ʼn redelik beseringsvrye seisoen gehad.

♦  Donderdag het die Ierse klub Ulster bevestig dat Marcell Coetzee op pad terug na Suid-Afrika is. Hy het sedert hy in 2015 sy laaste toets teen Argentinië gespeel het, ook meer langs die veld as daarop deurgebring.

Hy het die seisoen nog net vroeg in September in die eerste Pro14-wedstryd gespeel toe Ulster die Cheetahs met 42-19 geklop het. Hy was uitstekend en het die Cheetahs met sy dryflopies laat bontstaan.

Sy vorige wedstryd was in Maart vir Ulster teen Zebre.

Coetzee het na sy onderbreekte 2016-seisoen Superseisoen weens ʼn kniebesering by die Sharks eers in Februarie vanjaar vir die Ierse span begin speel nadat hy reeds in September 2016 by hulle aangesluit het. Teen Maart was hy weer op die krukkelys tot die Cheetahs kom kuier het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.