Drie rugbylui sterf ná vreugde oor ligasege

ʼn Rugbyklub se vreugde Saterdag oor ʼn ligasege is in rou omskep toe drie lede daarvan in ʼn motorongeluk gesterf het.

Die Facebook-blad Gold Cup Rugby berig Mzwandile (Shaka) Yalezo, Onke (D’rango) Gqadushe en Tyron Roberts van die klub Swallows, Mdantsane, het Saterdagnag ná ʼn wedstryd teen Ocean Sweepers gesterf.

Swallows het met 24-16 gewen om Grens se Superliga te verower, en daarmee vir die SA Rugbyunie (Saru) se volgende internasionale oopklubreeks om die Goue Beker in aanmerking te kom.

Yalezo, die kaptein (slot en flank), en Gqadushe (stut) het Swallows ook verlede jaar verteenwoordig toe dié klub as promotorskeuse aan die reeks deelgeneem, en twee van sy vier wedstryde in Groep C gewen het.

Yalezo het tevore ook vir die Universiteit van Fort Hare in die Varsityskild-reeks gespeel.

Roberts, wat as logistieke bestuurder van Grens se provinsiale span opgetree het, was Swallows se spanbestuurder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.