Drie SA’ners in Japan se WB-span

Kotaro Matsushima duik oor die doellyn tydens Japan se wedstryd teen die Springbokke op 6 September. Foto: (AP Photo/Eugene Hoshiko)

Toe Wimpie van der Walt ʼn paar jaar gelede aan die Hoërskool Nelspruit gematrikuleer het en Lappies Labuschagne aan Grey-kollege in Bloemfontein skoolgegaan het, het hulle sekerlik drome gehad om eendag vir die Springbokke te speel.

Kotaro Matsushima, wat in Pretoria gebore is, was deel van die Haaie se jeugstrukture en het in 2014 na Japan verhuis. Sy ma is Japannees en sy pa is van Zimbabwe. Hy het reeds naam gemaak vir die Sunwolves tydens die Superrugbytoernooi.

Wimpie van der Walt. Foto: twitter.com/wimpievdwalt

Van der Walt (veelsydige voorspeler) het twee jaar vir die Pumas se Cravenweekspan gespeel voordat hy sy loopbaan by die Westelike Provinsie, die Oostelike Provinsie, die Blou Bulle en in Italië voortgesit het. Hy het altesame 110 wedstryde vir dié onderskeie spanne gespeel voordat hy in 2013 ʼn kontrak onderteken het om na Japan te verhuis om vir die NTT DoCoMo Red Hurricanes te speel.

Labuschagne (flank) het drie jaar (2007‑’09) die Vrystaat op junior vlak verteenwoordig, 44 keer vir die senior span Curriebekerrugby gespeel, was 27 keer vir die Cheetahs in die Superrugbyreeks in aksie voordat hy na Pretoria verhuis het waar hy die Bulls in 27 Superwedstryde verteenwoordig het en ook 21 keer vir die Blou Bulle gespeel.

Lappies Labuschagne word deur die Springbokke se Franco Mostert platgetrek. Foto: (AP Photo/Shuji Kajiyama, File)

Hy was ook ʼn hele paar keer kaptein en Springbok was op sy voorkop geskryf. Hy is in 2013 by ʼn Springbokgroep betrek, maar het nooit vir die Bokke gespeel nie. Hy is toe ook na Japan waar hy sedertdien vir die Kubota Spears speel.

Van der Walt en Labuschagne se drome om in ʼn Wêreldbekertoernooi te speel, is Woensdag bewaarheid. Maar nie vir Rassie Erasmus se Springbokke nie, maar vir Jamie Joseph se Brave Blossoms wat Vrydag in Tokio in vanjaar se WB-toernooi se openingswedstryd teen Rusland speel.

Al drie het reeds vir Japan gespeel en Matsushima het dié land in die 2015 Wêreldbeker-toernooi teenwoordig. Labuschagne en Van der Walt maar het nog nooit in ʼn WB-toernooi gespeel nie. Nou was hul besluite om na Japan te verhuis, die regte een.

Japan se span: 15 William Tupou, 14 Kotaro Matsushima, 13 Timothy Lafaele, 12 Ryoto Nakamura, 11 Lomano Lava Lemeki, 10 Yu Tamura, 9 Yutaka Nagare, 8 Kazuki Himeno, 7 Lappies Labuschagne, 6 Michael Leitch (kaptein), 5 James Moore, 4 Wimpie van der Walt, 3 Asaeli Ai Valu, 2 Shota Horie, 1 Keita Inagaki.

Plaasvervangers: 16 Atsushi Sakate, 17 Isileli Nakajima, 18 Koo Ji-won, 19 Luke Thompson, 20 Hendrik Tui, 21 Fumiaki Tanaka, 22 Rikiya Matsuda, 23 Ryohei Yamanaka.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Waarheid ·

Wanneer jy inSA nie span kry nie kry span oorsee!!!
In SA gaan dit oor politiek en nie oor wie die beste spelers is nie.
Baie geluk dat julle aan die Wereld Beker gaan deelneem!!!!

Wesley ·

Ja sjoe Waarheid, ek is seker Lappies was uit n Bok debut gehou deur n politieke sameswering. Daai Pierre Spies en Willem Alberts was groot ANC lede, en was eintlik swart spelers vermom as wit SA’ners. En Wimpie was veel beter haker vir die Kings as wat Bismarck ooit was ne…

Baie gluk aan die manne, n goeie advertensie vir wat SA kan oplewer as talent tot die rugbywereld.

Nico ·

Gelik aan al die verwerpte manne van SA wat hul talente vir aangenome lande moet gee. Ek sien uit na die dag dat ‘n volle 23 tal vir een land teen ons speel en ons goed pakslae gee. Metriek seun as julle dink julle kan toets rugby speel verlaat die land onmiddelik na julle finale eksamen en gaan speel toets rugby oorsee en kom dons SA oor ‘n klompie jare gied op!

Wesley ·

Nico, ek onthou daai selfde storie was deur my oom gepraat langs n braaivleis vuur in 99 wanneer Tiaan Strauss verhuis het na sy Bok tereurstelling na 94 en n briljante debut gemaak het vir die Aussies teen Ierland, en n WB met hul gewen het later daai jaar. “Eendag gaan al ons bestes uitdraf vir ander lande, en ons vallende Bokke gaan hul gaaie sien!”

Ons wag nogsteeds…..

Wesley ·

Geluk aan die manne, trots om SA’ners te sien wat goeie uitvoeringe vir ander lande kan wees.

Alhoewel, ek moet se dit nogal snaaks van ander om hul skuiwing na ander lande te sien as n politieke speelbal, asof hul beste was in hul posisie en gedwarsklap was deur een of ander politieke / kwota sameswering. Lappies was net nie goed genoeg nie, en moes agter Pierre Spies, Willem Alberts, Arno Botha, Marcell Coetzee, Flo Louw en Siya speel in 2013. Wimpie was nog nooit op die Springbok radar nie, het baie goed gedoen vir die Kings en n bietjie speeltyd by die Bulle gekry in SR, maar dit maar al. Niks teen die manne nie, nog trots, maar enigste speler wat nog speel en rerig kan cope in n Bok trui is CJ Stander. n “Buitelandse internasionale ” XV sal nooit die Bokke kan klop nie. Ons brei en behou nog die beste van ons spelers vir die Bokke, alhoewel hul vir klubs in die noorde mag speel.

Basson ·

As jy vir geld eenheid sterker as die Rand kan werk dan doen jy dit. Jy worrie nie oor Politiek nie. Baie Suid Afrikaners skep so beter lewe vir hulle self. Die Spelers wat buite speel kyk nie terug nie. Ek kyk na die Etsebet sage nou. Die stof wil net nie gaan le nie. Kort voor lank gaan hy sy gat strip en die selfde doen tot sy voordeel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.