Drie toekennings vir Dillyn Leyds

Dillyn Leyds – drie toekennings. (Foto: WP Rugby)

Die Westelike Provinsie se  Springbok Dillyn Leyds het Dinsdag drie toekennings ingepalm op die bond se jaarlikse prysuitdeling.

Hy is as die waardevolste speler aangewys, is die senior terugvegter van die jaar (ná sy besering), en is bekroon vir sy bedaardheid en bekwaamheid.

Die slot JD Schickerling is die spelers se speler van die jaar, en is as die beste WP-voorspeler aangewys.

Siya Kolisi, die Stormers se kaptein en flank, is vir uitnemendheid vereer.

Die 32-jarige skrumskakel Jano Vermaak is die beste WP-agterspeler, Jaco Coetzee (losvoorspeler) die belowendste senior WP-voorspeler, en die veelsydige Damian Willemse die belowendste senior WP-agterspeler.

Ander toekennings –

Beste o.19-voorspeler: BJ Dixon
Beste o.19-agterspeler: Lyle Hendricks
Belowendste o.19-speler: Christian Ambadiang
O.19-terugvegter: Salmaan Moerat
Beste o.21-voorspeler: Ernst van Rhyn
Beste o.21-agterspeler: Tiaan Swanepoel
Belowendste o.21-speler: Michaine Fick
O.21-terugvegter: Duncan Saal
Skolespeler van die jaar: Henco Martins
Skeidsregter van die jaar: Marius van der Westhuizen
Klubspeler van die jaar: Tapiwa Tsomondo (Valsbaai)

Ligawenners –

Superliga A: Maties
Superliga B: St Georges
Superliga C: Vineyards
Promosieliga: Blue Jets
Stadsliga: Manenberg Rangers (eerste ronde), Silvertree (tweede ronde)
Noorderliga: Blue Jets (eerste ronde), Eersterivier (tweede ronde)
Suiderliga: Young Wesleys (eerste ronde), Atlantis (tweede ronde)
Paarlliga: Allandale
Simonsbergliga: Morning Star
Paarluitklopliga: Riverstones
Superliga A o.20: Maties
Superliga B o.20: Helderberg
Superliga C o.20: Scottsdene-Sentraal
Presidentsbeker (Superliga A): Maties
Presidentsbeker (Superliga B): Hamlets
Presidentsbeker (Superliga C): Vineyards

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Janosh ·

Dillyn Leyds is na my mening nie eens ‘n sprinkbok se stertkwas werd nie, watwou nog enige vorm van toekennings. Ga!!

Nico ·

Ek weet wragties nie hoe hy springbok geword het nie hardloop die hele agterlyn vol en vergeet sy posisie dan moet die heelagter en senters sy keerwerk doen

Nugter ·

Het hy so wrintiewaar nie die toekenning vir poniestert van die jaar gekry nie??!! ‘n Sekere Australiëse speler se mond hang seker oop van stomme verbasing…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.