Driekunste vir Brakpan én vir sy ‘Skot’

Saartjie Vermeulen, die sekretaresse van Brakpan, Coenraad Oosthuizen, Ian se pa, en Harry Nieuwenhuizen, die voorsitter van Brakpan, met Ian se bekeroes.

Saartjie Vermeulen, die sekretaresse van Brakpan, Coenraad Oosthuizen, Ian se pa, en Harry Nieuwenhuizen, die voorsitter van Brakpan, met Ian se bekeroes.

Brakpan en sy ‘Skot’, Ian Oosthuizen, het elk `n driekuns by vanjaar se prysuitdelings behaal.

Op die Valke-rugbyunie (VRU) se prysuitdeling het die Panne nie net die beker as wenner van die bond se Peregrineliga verower nie, maar ook die Valke-skeidsregtersvereniging se beker vir die beste span op die veld, en die beker vir die meeste drieë die afgelope seisoen (98) ingepalm.

Oosthuizen is op sy beurt op Brakpan se prysuitdeling as sportman van die jaar, die spelers se speler van die jaar en die beste voorspeler bekroon.

Hy is tans in Skotland en sy pa, Coenraad, het die bekers namens hom ontvang.

Oosthuizen jr het die afgelope Saterdag met puik spel sy buiging vir die Skotse klub Selkirk gemaak, waar hy die komende ses maande kragtens `n uitruilooreenkoms sal speel nadat hy as die beste voorspeler in die  afgelope reeks om die Goue Beker aangewys is.

Gido Horn en Armand Jordaan het ook elkeen twee pryse gewen. Horn was die agterspeler van die jaar en het die meeste punte (145) aangeteken; Jordaan is as die junior sportman van die jaar en die belowendste speler aangewys.

Jaco Lotter is die losvoorspeler van die jaar; Theo Becker die lojaalste en toegewydste speler; en Rikie Menses die stoutste speler.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.