Drietal Pumas slaan in Arende se span uit

Marlou van Niekerk (Foto: Steval Pumas/Hennie Homann)

ʼn Drietal gewese Pumas slaan vandeesweek in die SWD Arende se span uit, wat die OP Kings Sondag op Mdantsane aandurf, en heelwat verskil van die span wat teen die Westelike Provinsie verloor het.

Marlou van Niekerk is die binnesenter in die plek van Johnny Welthagen. Die veelsydige agterspeler en gewese SA o.20-speler Tyler Fisher en die slot Jeremy Jordaan is op die bank gekies.

Welthagen vervang Quade Langeveldt op losskakel, en sy skakelmaat is Johan Steyn, met Dillin Snel wat bank toe skuif.

Die veteraan Devon Raubenheimer speel flank in die geskorste Lodewyk Uys se plek, en Peet van der Walt is Brendon Snyman se nuwe slotmaat in die plek van Cornell Hess.

Juandré Dique (vaskopstut) ruil plekke in die opdrafspan met Theunis Nieuwoudt (stut) wat dié keer die bank sal warm hou.

Die span –

15. Leighton Eksteen, 14. Charles Radebe, 13. Kirsten Heyns, 12. Marlou van Niekerk, 11. Adi Jacobs, 10. Johnny Welthagen, 9. Johan Steyn, 8. Thor Halvorsen, 7. Devon Raubenheimer, 6. Janneman Stander (kaptein), 5. Brendon Snyman, 4. Peet van der Walt, 3. Basil Short, 2. Jan van der Merwe, 1. Juandré Dique. Bank: 16. Ayyob Moerat, 17. Theunis Nieuwoudt, 18. Jeremy Jordaan, 19. Freginald Africa, 20. Dillin Snel, 21. Marlo Weich, 22. Tyler Fisher.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.