Du Toit en Koch in opdrafspan teen All Blacks

Pieter-Steph du Toit  (Foto: 3news.co.nz)

Pieter-Steph du Toit (Foto: 3news.co.nz)

Die slot Pieter-Steph du Toit en die stut Vincent Koch is in die Springbokke se opdrafspan ingesluit vir Saterdag se toets in die Rugbykampioenskap teen die All Blacks in die AMI-station, Christchurch.

Du Toit speel in die beseerde Lood de Jager se plek en Koch vervang Lourens Adriaanse op vaskop.

Daar is drie veranderinge op die bank (steeds met ses voorspelers en net twee agterspelers) waar Malcolm Marx en Willem Alberts hul eerste kans kry. Damian de Allende vervang Lionel Mapoe.

Dis die eerste keer dat Du Toit in die opdrafspan teen die All Blacks is. Sy kragman-oupa, Piet Spiere du Toit, het in 1960 die All Blacks harde bene in die skrums laat kou.

Vincent Koch (Foto: powerfm.co.za)

Vincent Koch (Foto: powerfm.co.za)

Nog `n Bok wie se oupa `n potjie met die All Blacks geloop het, is die flank Francois Louw, wat in sy 50ste toets speel. Sy oupa, Jan Pickard, het in 1956 in `n toets as agsteman teen die Nieu-Seelanders uitgedraf.

Bryan Habana se 120ste verskyning op die vleuel sal `n wereldrekord vir `n toetsspeler in dié posisie wees.

Allister Coetzee, die Bokke se afrigter, sê hy het `n plan vorentoe met Marx, en hy het besluit om Mapoe vir De Allende te verruil om die binnesenterposisie te dek.

Die span –

15. Johan Goosen, 14. Bryan Habana, 13. Jesse Kriel, 12. Juan de Jongh, 11. Francois Hougaard, 10. Elton Jantjies, 9. Faf de Klerk, 8. Warren Whiteley, 7. Oupa Mohoje, 6. Francois Louw, 5. Pieter-Steph du Toit, 4. Eben Etzebeth, 3. Vincent Koch, 2. Adriaan Strauss, 1. Tendai Mtawarira. Bank: 16. Malcolm Marx, 17. Steven Kitshoff, 18. Lourens Adriaanse, 19. Franco Mostert, 20. Willem Alberts, 21. Jaco Kriel, 22. Morné Steyn, 23. Damian de Allende.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

louis ·

Daar wag n groot pakslae vir die bokke!. Kriel wat nie verdedig bo mapoe en wat van kriel en wat van beast en wat va…….gee maar op! Kyk liewer nie!!!

Stef ·

En dit is ons beste span…nie eens Chuck Norris gaan die span red nie.

Jan ·

Dis gelukkig elke persoon se reg om n “GAT” van homself te maak, hierdie keer is dit Coetzee se groot voorreg om dit te her haal vir die soveels te keer

Naas ·

AC kan skuiwe maak soos hy wil maar solank Jantjies op nr 10 is het ons nie ‘n kans nie. En wat soek Morné Steyn daar???

Cais Smit ·

Almal blameer die spelers,probeer eerder die afrigters uit kry want hulle is die probleem.Toe Meyer afgerig het was hy die slegste.Toe se almal hy moet bedank en wat het hulle nou nog slegter,dit laat my dink aan die politiek

Francois ·

Dit is die resep vir ‘n lekker grap van die naweek.
Ek kry van die spelers jammer wat individueel hulle bes moet probeer met geen inspireerende plan nie.

Frans C ·

Die pak is soos ‘n motor met ‘n enjin waarvan die olie en kompressieringe geslyt is.Jy kan die beste ratkas aan dit koppel -maar die bult gaan jy nie uitkom nie, want daar is geen trekkrag van enige aard nie.

Momentum kom van die pak af-as die nie vorentoe gaan nie en die opposisie op die agtervoet dwing nie gaan geen agterlyn ,maak nie saak hoe saamgestel hond haaraf maak nie.
Die bal bly stadig en kom saam met die verdediger by die man aan.
Dit help nie om die bal aan te gee as die ou wat dit ontvan in nog ‘n slegter posisie as jyself is nie.

Al wat nou gebeur is dat spelers van skrumskakel af skuins oor die veld hardloop om van die verdediging af weg te kom en ‘n bietjie momentum in die spel te kry. In kort ons voorry domineer nie en daarom kry ons in alle fasette van voorspelerspel pak en sukkel ons agterlangs en skop die bal weg omdat daar niks anders oorbly nie.

Middelburg ·

Stef, ek hoop vir jou part Chuck Norris lees nie Maroela media nie! :-)

BokMal ·

waar is die groot kritiek van alle kante af soos wat Heyneke Meyer gekry het.daar word niks gerep of geroer oor die Nuwe coach en staff in die pers nie..Meyer het n plan gehad ,hy moes n span van niks af opbou ook AGV n afrigter wat nie n clue het nie.hoeveel meer verlore moet bok rugby vat voor daar n verandering gemaak word aan spelers ,die afrigting span.Hoskins het seker in gedagte gehad voor sy bedankng om die bok te verniel met sy aanstelling van AC.!AC kon nie n trofee in die kas kry by nuweland nie wat gaan die verskil nou wees..tyd vir SA Rugby om te kyk na oorsese Coaching Staff wat nie lojaal is teenoor Unies of Politiek nie maar daar is oor die liefde van die game….dis net my opinie.

Rekord ·

Ek stem saam met meeste goed oor AC, sy span keuses stink, en ja Meyer moes soortvan `n span oor bou, en het nogal suksesvol teenoor Div gevaar maar, De Villiers het 5/13 gewen teen NZ en Meyer maar net 1 gewen, Div het wel `n swak record gehad teenoor die Aussies, eks nie seker wat was Meyer se record nie, maar Div het nooit teen argintiniee verloor en ook nog minder `n wedstryd teen Japan verloor( Eddie Jones was nie afrigter in 2011,anders glo ek sou ons baie naby daaran kom ) AC stuur op die afgrond af en dit maak hom geensins beter as Meyer nie, as jy die werelbeker wil wen(wat die grootste beker in rugby is) moet jy die All Blacks klop teminste 1 uit 3 wedstryde per jaar en in Wereldbeker jaar 2/3, en dieAussies klop in meer as 75% van die kere en nooit teen `n Noordlike Halfrond span verloor in Suid Afrika, maar ek moet eerlik wees, as ons die vlgende wereldbeker wil wen moet ons focus nie op beter spelpatroon nie, maar eerder eers ons spankeuses reg kry en jong talent nou al begin brei(2012/2013/2014/2015 se jong bokkies moet nou begin leertjie klim en die basis vorm vir 2019) AC meng sy WP dae in nes meyer het, Div en Jake het ook hul gunstellinge gehad , maar hul algemene span keuses was beter as meyer en ac sin tot dusver

danie ·

Feit is dat ons man vir man nie beter spelers het nie. Daar is genoeg potensiaal vir sommige spelers om nr1 in hul posisie te word en van hulle is op pad.
Al wat ons kan doen is om ‘n beter span te bou en die talent te laat gedy sonder die huidige onderdrukking met ‘n fatale wedstrydplan.
Afrigters, skeidsregters en kapteine op die sofa is net so ernstige prblm

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.