Duane lank langs die kantlyn

Duane Vermeulen – is sy Bokdae getel? (Foto: stormersrugby.com)

Die Bokke se plan om Duane Vermeulen vir die komende Rugbykampioenskap en aan die einde van die jaar vir die Europese toer te kies, het skipbreuk gely.

Vermeulen gaan, volgens sy Franse klub Toulon, ʼn liesoperasie ondergaan wat hom drie maande langs die kantlyn sal hou.

Dit beteken dat hy eers weer in die middel van Oktober sal speel en sy kanse om vir die Bokke gekies te word, is na alle waarskynlikheid daarmee heen.

Die Bokafrigter, Allister Coetzee, wou Vermeulen in Junie in die drie toetse teen die Franse inspan, maar vanweë sy betrokkenheid by die eindstryd van die Franse Top14-reeks, het hy eers vier dae voor die eerste toets in die land aangekom en is hy nie vir die eerste toets oorweeg nie. Daar is toe vasgestel dat hy ʼn skouerbesering in die eindstryd opgedoen het wat ook tot ʼn operasie gelei en hom uit die hele reeks gehou het.

Nou het Toulon gesê dat ʼn ou liesbesering wat weer opgevlam het ʼn verdere operasie noodsaak.

Gelukkig vir Coetzee-hulle is Warren Whiteley met groot welslae as kaptein gekies (en ook Eben Etzebeth, wat in die derde toets ingestaan het toe Whiteley beseer was).

ʼn Mens moes seker maar tussen die lyne gelees het dat Vermeulen lank langs die kantlyn sou wees toe Toulon se eienaar, Mourad Boudjellal, verlede week met die talentvolle Argentynse agtsteman, Facundo Isa, vergader het en hom ʼn kontrak aangebied het.

Nou is die vraag, gaan Coetzee-hulle vir Vermeulen (31) vir 2019 se Wêreldbekertoernooi oorweeg?

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Andre Els ·

Agnee o maggies wat is die bokkamp tog so gepla met Duane. Hy is oor die muur!!!!

LOSKOP ·

Daar is baie beter agstemanne in die land , los die has been waar hy is

Bennie Van Zyl ·

Dis baie snaaks dat hy elke keer beseer is as daar ‘n Springbok span gekies moet word….ek dink nie hy wil meer vir die bokke speel nie….of dis op instruksie van sy Franse klub….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.