Duane se Bokloopbaan hang ewe skielik aan ʼn draadjie

Duane Vermeulen – is sy Bokdae getel? (Foto: stormersrugby.com)

Duane wie?

Dinge verander darem baie vinnig in rugby. Duane Vermeulen, een van die ysters van Bokrugby, se naam was minder as ʼn maand gelede nog in die hoed as die moontlike Bokkaptein en hy was ʼn sekere keuse vir die Bokspan vir die toetsreeks teen Frankryk.

Maar sy verpligtinge by Toulon in Frankryk het dit onmoontlik vir hom gemaak om saam met die Bokke voor te berei.

Die Bokafrigter, Allister Coetzee, was voor ʼn moeilike keuse (nie wat die plaaslike ondersteuners betref nie) want hoe kon hy ʼn kaptein kies wat oorsee speel?

Boonop moes Vermeulen ʼn skoueroperasie ondergaan nadat hy ‘n beserings in Frankryk opgedoen het en dit het hom uit die toetse teen die Franse gehou.

Dis ou nuus dat Coetzee op Warren Whiteley as Bokkaptein besluit het en dat Oupa Mohoje en Siya Kolisi die jawoord as flanke in die eerste toets gekry het met Jean-Luc Preez op die bank.

Ja, nie ʼn versoolde slot soos Pieter-Steph du Toit nie, maar  die jong, fisieke Du Preez.

Toe Mohoje vroeg in die tweede toets harsingskudding opdoen, het Du Preez sy kans gekry om nie as impakspeler nie, maar vir langer as ʼn uur te oortuig. Hy het die kans met albei hande aangegryp en soos ʼn jong energieke Vermeulen vertoon. Hy was hard, fisiek en genadeloos.

Nou is die vraag: Wanneer Vermeulen weer fiks is, moet hy nader getrek word? Whiteley het sy plek vasgemessel en dis dalk die regte rigtingwyser dat plaaslike jongelinge, wat die toekoms van Springbokrugby is, die mantel moet dra.

Boonop is Jaco Kriel, wat sekerlik die een of ander tyd kans moet kry, ook nog in die Bokgroep.

Dit kan ook die einde van die Springbokpad vir Francois Louw beteken,  omdat hy vir nog ʼn paar jaar vir Bath in Engeland speel. Só ook JP Pietersen, Bryan Habana en Bismarck du Plessis.

Ja, daar kan beserings wees, ja, die All Blacks sal baie ander vrae as die Franse stel, maar dís hoekom daar vir die toekoms gebou moet word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Ilana ·

Why fix something that’s not broken? En bygesê Bismarck, JP en Bryan is ou nuus. Gee die jong outjies ‘n kans!

Koos1 ·

Die was die Australiese afrigter wat oor ‘n jong speller gesê het: If he is good enough, he is old enough!
Ek dink die Bokke is op die regte pad en glo hulle moet net so gelos word. Hulle het ‘n baie goeie seisoen begin, laat hulle,soos hulle daar is,hom uit speel.
Warren is ‘n kaptein op die veld en gebruik sy vermoë om die spel aan te pas, en DIT is ‘n kaptein se werk. Die afrigter moet hom vertrou!
Wat ook vir my baie interessant is dat geen persoon met wie ek die afgelope 2 dae gepraat het, die term “kwota speler” gebruik het nie. Alle spelers in die span verdien hulle plekke en speel tot aanwins vir die land!

Johann ·

Ek stem saam. Dwayne moet maar daar oorkant speel en ons moet hierdie Jong ysters kans gee en mooi na hulle kyk. Ons het soveel talent, ek is woorde daaroor.

Afrikaanse Knaap ·

Niemand verwag meer dat die bokke moet wen nie. Na Fikile Mbalula kyk niemand meer met verwagting na rugby nie.
Daar is geen beter tyd as nou om jong manne ‘n kans te gee nie.
Die paar jong manne wat nou deurkom is kliphard, want om in SA ‘n plek in die kwota span te kry moet jy uithaal en wys. En dit gaan beide kante toe.

Waghond ·

Los maar die “hasbeens” want hulle is “past their sellby date.”
Hulle is nie meer ‘n aanwins vir die Bokspan nie.

Piet Vrystaat ·

Warren Whiteley is ook maar VER onder gemiddeld. Nes Jantjies en Mapoe

Lc ·

O Piet dis hoekom hierdie manne jou spannetjie stukend speel in die super rugby.

Waghond ·

Warren is ‘n leier en Strauss en Duan (as voorbeeld) is nie alhoewel beide kapteins is. Dit is die verskil.

Henry ·

Tragies.
Na enkele weke en twee wedstryde teen ‘n moeë Franse span wie se beste spelers ‘n harde seisoen agter die blad het, skryf ons ‘n yster soos Vermeulen af as ‘n ‘has been’.
Lojaliteit en geloof in ‘n wonderlike speler se vermoëns, word sommerso deur kantlynspelers veroordeel.
G’n wonder ons sit waar ons sit nie!!!

Waghond ·

Nou voel die Franse hoe dit voel om na ‘n lang seisoen hier te kom speel. So voel die Bokke ook maar as hulle in Nov in Brittanje moet gaan toer!

Annetjie ·

Ek het die voorreg gehad om Duane Vermeulen in persoon te ontmoet , n baie goeie mens maar ek is n groot aanhanger van Whiteley….ek dink hy is n baie goeie kaptein !

pbotha ·

Moet nooit vir Duane afskryf nie…daarvoor is hy n te goeie speler wat die Bok nog net met oorgawe gedien het. Maar ja.. gee intussen die jongmanne kans om die leer te klim. Piet Vrystaat..die ouens waarna jy verwys het vir my bo gemiddeld goed gelyk? Jy kyk nie dalk n ou TV kanaal daar in d vrystaat nie? ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.