Duane se leierseienskappe, kennis van Franse rugby kan Bokke help

Duane Vermeulen tydens Dinsdag se Bokoefening (Foto SA Rugby)

Duane Vermeulen het Dinsdag by die Springbokke in Parys aangesluit en saam met die span by die Stade Français geoefen.

Benewens die ervaring wat hy na die span bring, sal die kaptein van Toulon – wat verlede jaar in die Franse Top14-reeks in die eindstryd geklop is – heelwat van sy kennis van Franse rugby aan die huidige spelers en bestuur kan oordra.

Sy aansluiting Dinsdag by die span het volgens die Bokke se assistent-afrigter Franco Smith ʼn onmiddellike invloed op die spelers gehad.

“Ons glo dat ons die regte besluit oor hom geneem en hom toegelaat het om eers wedstrydtyd agter die rug te kry ná sy lang aflê weens ‘n besering.

“Duane het ʼn magdom kennis van Franse rugby en dit is goed om sy kalmte en baie ervaring met ons te hê. Ons het ʼn bietjie ervaring kortgekom en dit is goed om hom in dié stadium van die toer te kan verwelkom.”

Die voormalige kaptein van die Stormers, wat ook die afgelope twee seisoene die Toulonse kaptein is, sal boonop met sy leierskapservaring een van die groot tekortkominge in die span help verlig.

Vermeulen sal egter net in eerskomende naweek se toets teen Frankryk en die week daarna teen Italië kan speel.

Vir die laaste toets op 2 Desember teen Wallis sal Vermeulen nie vir die Bokke teen Wallis beskikbaar wees nie. Die wedstryd val buite die internasionale toetsvenster, en die Bokke sal ook nie hulle Japanse spelers, Elton Jantjies en Franco Mostert, en Bath se losvoorspeler, Francois Louw, kan oorweeg nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Johan ·

Janee – die spreekwoordelike dat “‘n benoude aap maak benoude spronge” bly waar.
Miskien moet die skrywer onthou dat een swaeltjie nie ‘n somer maak nie en hou goed en begaafde Duane ook al is kan sy aanwesigheid nouliks die rampspoedige nalatenskap van die afrigter in ‘n week omkeer. Rugby is, was en bly ‘n vyftienman spel

Veritas ·

Een swaeltjie maak nie ‘n somer nie maar laat ons maar wag en sien. Sovêr dit my aangaan lê die probleem nie soseer by die spelers nie maar by die bestuur.

bloues ·

En die losvoorspelers wat gekies is om saam te toer sal maar ander weivelde moet soek.
Belaglik verby!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.