Dubai-sewes: Blitsbokke pak VSA in eindstryd

Siviwe Soyizwapi

Die Blitsbokke speel Saterdagmiddag in hul negende eindstryd in Dubai wanneer hulle teen die VSA in Wêreldrugby se sewesreeks te staan kom.

Die Blitsbokke het Argentinië met 17-7 in hul halfeindstryd geklop, terwyl die Amerikaanse Arende verras het deur Fidji met 21-19 te skok.

Dit was soete wraak vir die Blitsbokke nadat hulle vroeër vanjaar in Japan teen die Pumas by die Olimpiese Spele verloor het.

Die Argentyne het besluit om die Blitsbokke fisiek aan te durf en met genadelose duikslae die vaardiger Blitsbokke probeer ontsenu.

Die Pumas was in die eerste helfte met 7-0 voor, maar die Blitsbokke het kop gehou en nie toegelaat dat hul wedstrydplan uitrafel nie.

In die ander halfeindstryd het die Amerikaners die Fidjiane onkant betrap toe hulle ’n agterstand van 7-19 uitgewis het voordat hulle die wendrie gaan druk het.

Fidji was in die doodsnikke op pad doellyn toe, maar ’n desperate duikslag van agter af deur Perry Baker het die Amerikaners gered.

Punte: Suid-Afrika 17 (7): Drieë: Shilton van Wyk, Siviwe Soyizwapi, JC Pretorius. Doelskop: Ronald Brown.

Argentinië 7 (7): Drie: Rodrigo Isgro. Doelskop: Isgro.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.