Chris Massyn – die Matie-kaptein – het voor gisteraand se Varsitybeker-eindstryd gesê dat sy span ’n paar doelwitte vir dié seisoen gehad het: Hulle wou graag die reeks onoorwonne afsluit en natuurlik wou hulle die eindstryd gewen het.
En dít is presies wat hulle gisteraand op hul tuisveld vermag het toe hulle vir Tukkies met 34-12 in die eindstryd van die gewilde studente-reeks geklop het.
In ’n stampvol Danie Craven-stadion het die tuisspan ná ’n voorsprong van 21-0 net ná rustyd gehardloop, maar die Pretorianers het goed in die tweede helfte teruggeveg danksy Dewald Naude se drie en Tinus de Beer se skopvoet.
Maar Vaughen Isaacs se rooi kaart vir ’n gevaarlike duikslag het die momentum finaal in Maties se guns geswaai en Munier Harzenberg se tweede drie was die laaste spyker in Tukkies se eindstryd-doodskis.
Dit is die tweede jaar agtereenvolgens dat Maties die Varsity-kroon dra en dit is die vyfde keer sedert die reeks in 2008 begin het dat hulle met die titel wegstap.
Vir Massyn is dit ’n gepaste wyse om sy Varsity-loopbaan te groet: Hy het in 2017 die beker saam met Tukkies gelig en nou het hy dieselfde saam met Maties vermag.
Die eindstryd mag dalk meer vir Kurt Darren se weergawe van Nkosi Sikelel’ iAfrika onthou word, maar Maties het ’n uitstekende seisoen gehad. Vóór die finaal het hulle 59 drieë en 432 punte aangeteken.
Toe die reeks in 2008 begin het, was hulle drie keer agtereenvolgens die kampioenspan. Hulle is hard op pad om dié prestasie te ewenaar.
Puntemakers:
Maties: Drieë: Johann van Niekerk (2), Munier Harzenberg (2). Doelskoppe: Jordan Chait (3). Strafskoppe: Chait (2).
Tukkies: Drieë: Dewald Naude (2). Doelskop: Tinus de Beer.
Dear @StellenboschUni and @FNBSA #VarsityCup. Rather not sing it at all than insult our Nation & African languages. If you don’t have black students to sing the National Anthem, just don’t do it. Nxa. pic.twitter.com/yww6D8qUCl
— Pirates Analysis (@AnalysisPirates) April 15, 2019
Hoekom vra ek myself af moet sangers die volkslied sing… dis n volkslied… laat mense dit sing van pawiljoene af. Soos jammer om te sê in die verlede het volk dit by geleenthede gesing.
Is enige van Maties se spelers voltydse studente? Of is Griekwas n Sattelied Kampus van hulle?
Korrek Herman. Lyk my Jurie Roux se verduisterde geld raak nie klaar nie. Seuns wat net-net matriek geslaag het , “studeer” met volle beurse!!!
Ek neem die rugby ernstig maar nie die klug van “student” nie.
Alle spelers moet ingeskrewe studente wees. As hulle beurse het moet hulle sekere akademiese prestasies lewer.
Aan al die oningeligte dom tuks is niks ondersteuers. Ja al die Maties is ingeskrewe studente by die beste universiteit in die mooiste dorp in die land. Gaan huil maar saam met die arme oorgewig tuks spelers en hou op suur druiwe eet. Die tuks kaptein het darem die nodige respek getoon deur te erken Maties is die beste span.
Onoorwonne heel seisoen!!!! Wil gedoen wees, ne!!
Bly maar die beste soos die Kaapse skole-rugby ook. Is Chait die seun van die Chait (kan nie naam onthou nie) wat vroeër jare vir WP losskakel gespeel het?
Bolla, Chait se pa het vir WP gespeel. Seun kan dalk ook nog.
Ek vra om verskoning, my kommentaar het uiteindelik verskyn, dankie.
Anton Chait. WP loskakel
Herman jy weet dis net 1 speler van die Maties die ander 1 is die losskakel van die Tukkies wat Griekwas toe gaan
Ek dink eerder die wedstryd sal onthou word weens ‘n onopgewasse skeidsregter en sy arogansie om nie na die TV skeidsregter te luister nie. Onbekwaam, onbevoeg met heeltemal te veel arogansie. Swak
Die skeidsregter was pateties . Laat hy liewers by sokker bly. Hoekom het jy dan n TV skeidsregter.
wie kon dit raai ……..baie swak rugby ,swak bywooning
15000+ toeskouers….ek dink dis meer as wat op Loftus was vir n Provinsiale span.
Meer toeskouers as wat die flou nulle ‘n hele jaar na Loftus trek.
Die ref was so ‘n pateet – ek het nie woorde nie.