Dubbeldoorsege vir Suidoos-Kaap se Weermag

Suidoos-Kaap spook in die rondomtalie om balbesit teen Vrystaat te behou. (Foto: Facebook)

Suidoos-Kaap (SOK) se Weermagspan het met ʼn dubbeldoorsege groot sukses op die afgelope nasionale weermagrugbyweek op Diskobolos by Kimberley behaal.

SOK het twee spanne vir die toernooi ingeskryf, en albei is met bekers terug huis toe.

Hy het die Westelike Provinsie met 19-16 in ʼn naelbyt-eindstryd getroef, en Vrystaat het die derde plek verower deur Gauteng met 27-19 te verslaan.

In die Presidentseindstryd het SOK se naasbestes Noord-Kaap oortuigend met 39-20 geklop.

♦ Diskobolos ontleen sy rugbytradisie aan die eertydse Liggaamlike Opvoeding-brigade (LOB) wat teen die einde van die Tweede Wêreldoorlog deur die legendariese Danie Craven daar gevestig is. Die naam was ook Craven se gedagte.

Die LOB het onder Craven se leiding Griekwarugby oorheers.

Pale Toe! verneem intussen daar word tans oorweeg om later vanjaar ʼn Gekombineerde Magte-toernooi aan te bied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.