Dubbelsyfers vir twee SA’ners in Spanje

Twee Suid-Afrikaners het dubbelsyfers in die jongste ronde van die Spaanse Liga van Eer agter hul name geplaas.

Christian Rust (losskakel), wat Boland en die Valke verteenwoordig het, het 15 punte tot El Salvador se oorwinning van 52-21 oor Gernika bygedra.

Hy het ʼn drie gedruk en met vyf doelskoppe geslaag.

ʼn Gewese Superrugbyspeler van die Lions, JW Bell (heelagter), het twee drieë vir Valladolid teen Cisneros gedruk.

Sy span het met 54-14 gewen.

Lohan Potgieter (buitesenter) het ʼn drie gedruk om Aperejadores te help om Independente in ʼn opwindende botsing met 39-36 te troef.

Hy het as voorspeler die Suidwestelike Distrikte op o. 20-vlak aangevoer.

♦ In die Italiaanse Top12-liga het Jacques Momberg (haker) ʼn drie vir Rovigo teen Mogliani gedruk.

Rovigo was met 19-15 baas.

Momberg het Curriebekerrugby vir die Pumas gespeel.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.