Dweba, Jantjies in Bok-span vir Wallabies-toets

Die Springbok-afrigter Jacques Nienaber. Foto: Patrick Hamilton/AFP.

Die Springbokke sal hierdie naweek poog om hul eerste wedstryd in Australië in amper tien jaar te wen wanneer hulle met die Wallabies in Adelaide swaarde kruis.

Veral Jacques Nienaber (afrigter) se spankeuses is deesdae onder die vergrootglas nadat die Suid-Afrikaners ’n week of wat gelede teen die All Blacks op Ellispark vasgeval het.

Vir Saterdag se toets sal Joseph Dweba weer eens die no. 2-trui dra, terwyl Malcolm Marx op die plaasvervangersbank is. Dan maak Faf de Klerk sy terugkeer as skrumskakel, terwyl Warrick Gelant ’n kans op regtervleuel kry.

Daar is ook ’n bietjie aan die Bomb Squad geskaaf – daar is nou vyf voorspelers en drie agterspelers op die plaasvervangersbank met Elton Jantjies wat onder die agterspelers tel.

Ná sy nagmerrievertoning teen Wallis op Loftus Versfeld het die 32-jarige Jantjies nog nie weer speelkans gekry nie.

Joseph Dweba. Foto: GB Jordaan.

“Ons glo dat dit belangrik is om vir spelers soos Ox (Nché), Joseph, en Duane nog ’n geleentheid te gee met die oog op volgende jaar se Wêreldbeker-toernooi,” het Nienaber gesê.

Dieselfde rede is ook vir die nuwe plaasvervangersbank en Jantjies se insluiting voorgehou.

“Ons het op die plaasvervangersbank besluit nadat ons Australië se spel ontleed het. Terselfdertyd het die behoefte om vir spelers soos Elton en Frans (Steyn) speelkans te gee ook ’n rol gespeel.”

Die Springbokke het ’n swak rekord teen Australië weg van die huis en Nienaber verwag ’n taai stryd teen die Wallabies.

“Net soos ons sal die Aussies ook weer op die wenpad wil kom nadat hulle hul vorige wedstryd verloor het. Hierdie is boonop die eerste toets wat tussen die twee spanne in Adelaide gespeel word en dit sal waarskynlik as bykomende motivering vir hulle dien.”

Volgens Nienaber is die Suid-Afrikaners oorgehaal om op hul onlangse vertoning teen die All Blacks te verbeter.

“Ons het dinge geïdentifiseer waarop ons moet verbeter en ons sal beslis beter moet speel om ons toer op ’n positiewe noot te begin.”

Die wedstryd begin Saterdagoggend om 07:30 en dit sal regstreeks op SuperSport uitgesaai word.

Sprignbokke: Damian Willemse (heelagter), Warrick Gelant (regtervleuel), Lukhanyo Am (buitesenter), Damian de Allende (binnesenter), Makazole Mapimpi (linkervleuel), Handré Pollard (losskakel), Faf de Klerk (skrumskakel), Duane Vermeulen (agsteman), Pieter-Steph du Toit (flank), Siya Kolisi (flank en kaptein), Lood de Jager (slot), Eben Etzebeth (slot), Frans Malherbe (stut), Joseph Dweba (haker) en Ox Nché (stut). Plaasvervangers: Malcolm Marx, Steven Kitshoff, Vincent Koch, Franco Mostert, Kwagga Smith, Jaden Hendrikse, Elton Jantjies en Frans Steyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Fran ·

So ons kies weer spelers om te gaan staan en verloor. Mooi so ou Nienaber.

Niklaas ·

Kom ons hou duim vas vir die beste en mag Dweba , Duane en Gelant elkeen , ook een skitter wedstryd speel . Ons sal sien hoe vaar die Bokke Saterdag , maar daar is hoop , want Aus is tans nie so ‘n sterk span nie. Dalks verras ons die Wallabies daar.

SjN ·

Nienaber is nes die anc, meer ingestel op sy bee scorecard as om die spelers op vorm te kies

Hendrik Marthinus ·

Amen jy slaan die Spyker op die kop
En die ergste van als ons genoeg spelers van elke kleur en geur wat op vorm in die span Kan speel
Jantjies ook op bank, op watter meriete, ek speel liewers Dan willimse uit posisie in dai perd se plek

Witbaard ·

Alweer Jantjies… Amper gedink die keurders het besef hy kan nie rugby speel nie maar nou ja.

SjN ·

Hul kort seker n vliegtuig mechanic op die vlug, want rugby is nie sy sterk punt nie.

Hendrik Marthinus ·

Dit is so duidelik soos daglig Marx en die Nienaber knaap sit nie om dieselfde vuur nie.
Nienaber het ook n ding teen Kitsoff en die nuwe WP agsteman
Dweba word beloon vir swak spel, Hoe verduidelik hy aan Marx so n besluit.
En Moenie my se dit is oor Dat Marx n impak maak later in die wedstryd nie
Nienaber Sal in n ander land nooit n hoofafrigter kon wees nie
Wie het hy te dank ene R Erasmus

piet ·

Hoekom het hulle nie nog ‘n spesialis vleuel gekies nie? Daar is nou ‘n klomp veelsydige agterspelers maar geeneen van hulle regtig vertroud met die vleuel posisie nie. Ek bedoel, Willemse en Steyn het definitief nog nie vleuel gespeel nie en Gelant se beste posisie is heelagter. Daar is genoeg veelsydige agterspelers wat reeds getoets is in verskeie posisies maar nie op vleuel nie, hulle kon dus ‘n spesialis vleuel ingebring het. Nienaber is lyk my die tipe afrigter wat nie sommer afsien van sy aanvanklike keuses nie, wen of verloor.

Manie ·

Korrek, Canan Moodie sou ‘n goeie keuse gewees het, hy kan verdedig en is blitsig.

krodedil ·

Nienaber maak baie Bok ondersteuners negatief met die dom arrogante spankeuses.
Ek kan my net indink hoe voel spelers wat op meriete die span haal en op die ou einde uitgelos word.
Gelukkig ondersteun ek ‘n ander span.

Afriperd ·

Elke keer die selfde ou klomp! Weet die Nienaber ooit dat daar ander spelers in die land is?

Wit Leeu ·

Elton Jantjies lankal oor die muur ! Swak keuse ! Joseph Dweba in begin span en Malcolm Marx op die bank ??? Hoe kom ‘n mens by so swak besluit uit…………… Lagwekend !

vuurvliegie ·

Die ou Bok ondersteuners kan darem galbraak oor hulle afrigter en sy speler keuses.
Hoekom fire julle nie vir Nienaber nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.