Dyantyi aangewys as beste nuweling in toetsrugby

Aphiwe Dyantyi – sy vreugde na sy eerste toetsdrie is duidelik. (Foto GB Jordaan)

Aphiwe Dyantyi het Sondagaand die eerste Springbok geword wat deur Wêreldrugby as deurbreek-speler van die jaar aangewys is, toe hy vir sy vertonings in sy eerste seisoen as toetsspeler vereer is.

Dyantyi, wat in 13 van die Bokke se 14 toetse gespeel het, het in sy eerste toets teen Engeland ʼn drie gedruk en was ses keer in sy eerste agt toetse oor die doellyn.

Hy het twee keer, teen die All Blacks in Wellington en teen Argentinië, twee drieë in ʼn toets gedruk.

Die speler van die jaar was Ierland se losskakel Johnny Sexton. Die Iere, wat vanjaar net een keer (teen die Wallabies in Junie) verloor het en die All Blacks tien dae gelede in Dublin geklop het, is as span van die jaar aangewys.

Hulle afrigter, Joe Schmidt, is die afrigter van die jaar, ʼn toekenning waarvoor Rassie Erasmus ook benoem was.

Die Springbokke was ook as span van die jaar benoem.

Daar was twee Suid-Afrikaners in die vyftal waaruit Sexton as die seisoen se beste speler gekies is. Malcolm Marx en Faf de Klerk.

Die ander benoemdes was die twee All Blacks, Beauden Barrett, wat die vorige twee jaar die speler van die jaar was, en die jong vleuel Rieko Ioane. Hy was verlede jaar se jong deurbreek-speler van die jaar.

Die voormalige naelloper, Perry Baker van die VSA, is aangewys as die sewesspeler van die jaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Anneri ·

Ierland is as die span van die jaar aangekondig en nie die Springbokke nie ?

kallie ·

Wat, was Rassie benoem as afrigter van die jaar? Genade, nou het ek al alles gehoor. ROFLAO

Naas ·

Angus Gardener as skeidsregter van die jaar. Ek hoop die aankondiger by die seremonie weier om die toekenning te oorhandig.

Henk ·

Net jammer Diyanti sal nie veel kanse kry om homself ten toon te stel onder Erasmus nie. Solank as wat Erasmus daar is sal DeAllende daar wees en solank as wat hy daar is sal geen vleuel n bal uit n agterlyn beweging kry nie. Kyk mooi, selfs doe Baabaas gaan Saterdag stampkar rugby speel!

kallie ·

Julle ouens moet mooi kyk. Dis een van die wedstryde waarin De Allende nogals heelwat die bal uitgegee het, kyk maar weer. Hy is net na rustyd vervang, het die vleuels toe die bal meer gekry?

kallie ·

Ek hoop net Rassie was skaam genoeg om nie sy gesig by die seremonie te wys nie.

Dyanti ·

Hy is baie goed op die aanval maar sy verdediging, skopwerk, hantering en hoë bal vaardighede laat veel te wens oor en hy sal hard daaraan moet werk. As hy dit kan verbeter kan hy waarlik ‘n puik speler word.

Wim van der Berg ·

Dankie, Anneri en Lukie vir die uitwys van die fout
Die Springbokke is nie as span van die jaar bekroon nie, maar wel benoem. Die fout is reeds reggemaak.
Wim van der Berg
Maroela Media

LHS ·

En die bokke as span van die jaar……???dagga is n lelike ding.

Callie ·

Kyk waar is wereld rugby. SA het 50% van sy games gewen en is benoem as span van die jaar. Miskien is ons kwota belaaide, gewoonte verloor span n teken van wat word van rugby. Die klug word al hoe groter

kallie ·

Kwotabelaai met net 4 in die beginspan (waarvan een as ‘n ster beskou word deur ‘n wereldliggaam)?

Schoemie ·

Jy is reg, Callie, dis ‘n sirkus as ‘n span wat net die helfte van sy wedstryde wen benoem word!

kallie ·

So terloops – baie geluk Dyantyi. Moet ‘n bitterpil wees vir die verregse rassiste dat een van ons sogenaamde “kwotas ” wereldwyd as die beste opkomende speler geag word. Duidelik versterk die manne ons span. Gee meer ‘n kans, net 4 in die beginspan is te min dis hoekom ons verloor want die magdom wit outjies bring nie hul kant nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.