Dyantyi hoor binnekort sy lot

Aphiwe Dyantyi (Foto GB Jordaan)

Die Springbok-blits Aphiwe Dyantyi se verhoor vir die gebruik van verbode middels is uiteindelik iets van die verlede.

Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Dwelmvrye Sport (Saids) het in ’n kort verklaring gesê dat verrigtinge gister ná twee dae afgehandel is. Kundiges op die gebied het getuienisse gelewer, terwyl slotargumente – deur Dyantyi en die vervolging – aangehoor is.

Volgens die verklaring sal ’n onafhanklike paneel nou beraadslaag en binne die volgende paar weke ’n beslissing gee.

Indien Dyantyi skuldig bevind word, kan hy vir tot vier jaar uit rugby geskors word.

Die vinnige Bokvleuel, wat in 2018 as internasionale rugby se nuweling van die jaar aangewys is, het op 2 Julie 2019 ’n urienmonster tydens ’n Springbokoefenkamp ingedien wat positief vir verbode middels getoets is.

Die 26-jarige het van die staanspoor aangevoer dat hy onskuldig is wat die gebruik van anaboliese steroïede betref. Hy het onder meer gesê dat hy in harde werk en regverdige spel glo.

“Ek het nog nooit verneuk nie en sal ook nie,” het hy in ’n verklaring gesê. Die uitslag van sy B-urienmonster was egter óók positief.

Die toetse is by ’n geakkrediteerde World Anti-Doping Agency- (Wada-)laboratorium by die Universiteit van die Vrystaat gedoen en daar is bevind dat die Bokblits positief vir drie verbode middels getoets het.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

3 Kommentare

jongste oudste gewildste
Casper

Dit is jammer dat so iets met die speler gebeur het.Ek hou werklik van Amphiwe maar die reëls oor die gebruik van verbode middels is duidelik.Beide sy monsters het positief getoets.

Schalk

Ai die griepmedisyne het al soveel spelers onkant gevang vra ook vir chilli dit het drie keer in ‘n ry met hom gebeur.

Die Wolf

You do the crime, you do the time. Geen voortrekkery nie.