Eddie sê ‘sorrie’ ná nederlaag

Eddie Jones – Engeland se afrigter. Foto: Ian Kington/AFP.

Eddie Jones het ná die toets tussen die Springbokke en Engeland jammer gesê vir die Rose se vertoning.

Die Suid-Afrikaners het hul eerste wedstryd in agt jaar op Twickenham gewen toe hulle die tuisspan met 27 – 13 geklop het.

Volgens die 62-jarige breier kan die skuld vir die nederlaag voor sy deur gelê word.

“Ek is nou al vir ʼn hele paar jaar ʼn afrigter en ek glo dat dit iets is waarmee ek goed is. Ja, alles verloop nie altyd volgens plan nie, maar ons het nie goed gespeel nie en ek vra om verskoning daarvoor – dit was my skuld,” het Jones gesê.

Die uitgeslape Aussie het erken dat die Springbokke die Engelse onkant betrap het; soms het die Rose pleinweg net nie die antwoorde op die besoekers se vrae gehad nie.

“Ons kon doodeenvoudig net nie speel soos wat ons wou nie. Jy moet in die kleiner veldslae die septer kan swaai om die uiteindelike oorlog te wen, maar ons het gesukkel om al die skoppe te bemeester terwyl hul skrumwerk ook baie sterk was.”

Tog meen hy dat Engeland op die regte pad is.

“Ons sal in hierdie afdelings van die spel verbeter. ʼn Span se sukses word weliswaar deur sy wenpersentasie bepaal, maar ek glo wel dat ons as ʼn groep gegroei het; selfs al het ʼn mens dit nie in die jongste wedstryd gesien nie.”

Owen Farrell-hulle kon vanjaar net ses van hul 12 toetse wen – hul swakste lopie sedert 2008.

“Ons is natuurlik nie tevrede met al die nederlae nie. Tog glo ek dat ons ’n goeie grondslag vir ’n suksesvolle Wêreldbeker-veldtog gelê het. Die jonger spelers het baie geleer, terwyl die senior spelers in die groep stelselmatig weer op hul beste begin speel het.”

Engeland is saam met Japan, Argentinië, Samoa en Chili in Groep D van die Wêreldbeker-skouspel in Frankryk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Leon ·

Laat dit n voorbeeld van profesionaliteit wees vir Rassie. Eddie is nederig en aanvaar sy span is geklop. Hy le dit nie voor die deur van die skeidsregter nie. Eben Etzebeth se drie was duidelik nie daar nie , maar Eddie maak nie n video daaroor nie. Kan gerus by hom gaan leer

Coenraad ·

Ek is nie seker dat ons die selfde wedstryd gekyk het nie.

Niklaas ·

Eddie se Rose span word nie gekniehalter deur vreemde skeidsregter besluite nie. Dit sien ons gereeld.

Grassie ·

Hierdie ou het voor die wedstryd breed geglimlag – of gegrynslag – tydens TV onderhoude. Ek dink hy het die rugbyowerhede opgesteek om Rassie Erasmus te skors vir onbenullighede kort voor die wedstyd. Dit het toe nie gehelp nie.

Gerhard ·

Baie trots op die Bokke vir hulle uitstekende vertoning. Die jong/nuwe spelers doen hulle rolle gestand en dit is lekker om te sien die Bokke speel sulke opwindende nie-vervelige rugby. Nienaber het by die beste geleer en sy planne werk baie goed. Ek sal graag die Bokke met hierdie span teen die All Blacks wil sien. Ek glo ons sal hulle ook ‘n ding of twee kan wys.

vuurvliegie ·

Haha Teen die All Blacks wen!!! Toe jy wakker word is jou koffie koud. Probeer weer.

piet ·

Om te dink baie van ons het sowat 2 weke terug voor die Italie wedstryd geeis dat Nienaber maar moet gaan (ek inkluis). So ek weet nie wat om van die huidige stand van sake te maak nie. Ons klop vir Italie en ‘n heel uitvorm Engeland en dit het Nienaber nou effens gered (skielik is sy wenpersentasie 61% vir die jaar). Tog het ons wedstryde teen Wallis, Australie, NZ, Ierland en Frankryk vanjaar verloor.

vuurvliegie ·

Om teen Wallis, Australie, NZ, Ierland en Frankryk vanjaar verloor sê alles. Die Bokke is op ‘n afdraainde pad.

Kirst ·

NZ se wenpersentasie is ook 61% vir 2022
Net so terloops…

Kirst ·

O, en NZ het twee keer verloor teen Ierland, een keer teen ons en een keer teen die Argentyne, en gelykop gespeel teen Engeland…

kaplyn ·

Jones klink nou net soos Nienaber en Ramaposa – “ons het gevorder”???

George ·

Dalk moet hy ook videotjies maak soos ou Rassie. Daars baie om van te kies.

George ·

Rassie, gaan jy n video maak oor daai forward passes ook? Of waar Faf helemal onkant was? Glo nie, want ons het mos gewen, dan het die ref mos goed geblaas.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.