Eddie verander net twee voorspelers vir Bloemfontein

Die Engelse afrigter Eddie Jones het net twee skuiwe aan sy verloorspan gemaak vir Saterdag se tweede toets teen Suid-Afrika in Bloemfontein.

Die voormalige Engelse kaptein Chris Robshaw is gepos en is nie eers op die bank nie. Sy plek op flank word deur die onlangse Hurricanes-kaptein Brad Shields ingeneem wat nog nie eers in Engeland klubrugby gespeel het nie.

Die ander verandering is op slot, waar die ervare Joe Launchbury terug is ná die besering wat hom uit die eerste toets gehou het. Hy vervang die 20-jarige Nick Isiekwe.

Mark Wilson neem Shields se plek op die bank in, van waar die opwindende Danny Cipriani ook die toets sal begin. Hy het laas in 2015 vir Engeland in ʼn toets gespeel.

Cipriani vervang vir Piers Francis op die bank.

“Ons is hier om die reeks te wen,” het Jones met die spanaankondiging gesê. “Ons het die week goed voorberei en die uitvoering en intensiteit tydens die oefeninge plaas ons in ʼn goeie posisie om die toets te wen.”

Engeland

15 Elliot Daly, 14 Jonny May, 13 Henry Slade, 12 Owen Farrell (kaptein), 11 Mike Brown, 10 George Ford, 9 Ben Youngs, 8 Billy Vunipola, 7 Tom Curry, 6 Brad Shields, 5 Maro Itoje, 4 Joe Launchbury, 3 Kyle Sinckler, 2 Jamie George, 1 Mako Vunipola. Bank: 16 Luke Cowan-Dickie, 17 Joe Marler, 18 Harry Williams, 19 Mark Wilson, 20 Nathan Hughes, 21 Ben Spencer, 22 Danny Cipriani, 23 Denny Solomona

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.