Eddie verander vyf vir die Franse toets

england-logoDie Engelse afrigter Eddie Jones het vyf veranderinge aangebring aan die span wat Australië in November verslaan het, maar gaan steeds ervaring aan sy kant hê in  Saterdag se wedstryd teen Frankryk op Twickenham.

Die Engelse span het saam in 595 toetse gespeel – ʼn gemiddeld van feitlik 40 toetse per speler.

Die interessantste, dog verwagte, keuse is dié van die slot Maro Itoje as steelkantflank. Hy speel in die plek van Chris Robshaw wat beseer is.

Die vleuels Elliot Daly en Jonny May, die loskop Joe Marler, wat bo verwagting gou van sy beenbreuk herstel het, en die terugkeer van Joe Launchbury as slot is benewens Itoje die veranderinge.

Jones het aangedui dat Engeland in die wedstryd met ʼn bietjie meer waagmoed sal speel teen ʼn Franse span wat hy verwag ʼn groot, swaar pak sal hê.

“Ons sal hierdie swaar voorspelers probeer uitbuit,” het hy bygevoeg.

Engeland –

15 Mike Brown, 14 Jonny May, 13 Jonathan Joseph, 12. Owen Farrell, 11 Elliot Daly, 10 George Ford, 9 Ben Youngs, 8 Nathan Hughes, 7 Tom Wood, 6 Maro Itoje, 5 Courtney Lawes, 4 Joe Launchbury, 3 Dan Cole, 2 Dylan Hartley (kapt.), 1 Joe Marler. Bank: 16 Jamie George, 17 Matt Mullan, 18 Kyle Sinckler, 19 Teimana Harrison, 20 James Haskell, 21 Danny Care, 22 Ben Te’o, 23 Jack Nowell.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.