Edinburg laai span met toetsspelers teen Kings

Die Southern Kings gaan nie na hulle goeie vertoning verlede week teen die Scarlets dit Vrydagaand (19:30) so maklik in die Baai regkry om die Cheetahs dit na te doen en Edinburg in hulle Pro14-wedstryd  te klop nie.

Vyf van Edinburg se spelers wat die afgelope naweek vir Skotland gehelp het om die Wallabies met 53-24 te verneder en ook die slot Grant Gilchrist, wat in die amperse wen teen die All Blacks gespeel het, het by die span in Port Elizabeth aangesluit – en hulle soek volpunte ná verlede naweek se neerlaag in die Vrystaatstadion.

Die twee Skotse toetsstutte, Simon Berghan en Rory Sutherland, is terug in die span; Gilchrist sak saam met die klubkaptein Fraser McKenzie; en die twee Skotse losvoorspelers, Jamie Ritchie en Cornell du Preez, en die senter Phil Burleigh is ook terug ná hulle internasionale pronkvertonings.

Die spanne –

Southern Kings
15 Yaw Penxe/Masixole Banda, 14 Michael Makase, 13 Harlon Klassen, 12 Berton Klaasen, 11 Anthony Volmink/Alshaun Bock, 10 Kurt Coleman, 9 Rudi van Rooyen, 8 Ruaan Lerm, 7 Martinus Burger, 6 Andisa Ntsila, 5 Bobby de Wee, 4 Stephan Greeff, 3 Rossouw de Klerk, 2 Stephan Coetzee, 1 Schalk Ferreira (kaptein). Bank: 16 Alandré van Rooyen, 17 Luvuyo Pupuma, 18 Pieter Scholtz, 19 Lubabalo Mtyanda, 20 Dries van Schalkwyk, 21 Godlen Masimla, 22 Barend Janse van Rensburg, 23 Jacques Nel.

Edinburg
1
5 Blair Kinghorn, 14 Dougie Fife, 13 James Johnstone, 12 Phil Burleigh, 11 Duhan van der Merwe, 10 Jaco van der Walt, 9 Nathan Fowles, 8 Cornell du Preez, 7 Jamie Ritchie, 6 Viliame Mata, 5 Grant Gilchrist, 4 Fraser McKenzie (kaptein), 3 Simon Berghan, 2 Neil Cochrane, 1 Rory Sutherland. Bank: 16 Cameron Fenton, 17 Michele Rizzo, 18 Murray McCallum, 19 Ben Toolis, 20 Luke Crosbie, 21 Sam Hidalgo-Clyne, 22 Chris Dean, 23 Glenn Bryce.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.