Een van sewesrugby se grootstes hang sy stewels op

Die legendariese DJ Forbes is klaar met internasionale sewesrugby. (Foto BlitzBokke.com)

Die mees ervare speler in Wêreldrugby se sewesgeskiedenis, DJ Forbes, het na 11 jaar se sewesrugby op internasionale vlak besluit om sy stewels op te hang.

Die legendariese Forbes, wat 34 jaar oud is, het in 89 toernooie in die sewesreeks in 512 wedstryde op die veld gedraf en het 153 drieë gedruk.

Sy alomteenwoordige bleskop was ʼn bron van groot frustrasie vir alle teenstanders.

As voorspeler was hy ʼn uitstekende skakelman op die veld met die voorgevoel om in die middelveld die bresse te slaan sodat sy spanmaat van hom af kon speel, of op die regte tye langs die kantlyn die man-oor situasie te gebruik.

In sy loopbaan met die Nieu-Seelandse sewesspan waar hy die afgelope jare die kaptein was van die mees suksesvolle span nog in die sewesreeks, het Nieu-Seeland 26 toernooie en ses keer die sewes-Wêreldreeks gewen.

Hy het Nieu-Seeland ook tot ʼn goue medalje in die Statebondspele en ʼn titel in die Wêreldbeker vir sewes aangevoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.