Een verandering in Cheetahs-beginspan vir eindstryd

(Foto: Cheetahs Rugby/Facebook)

Cheetahs-afrigter Hawies Fourie het slegs een verandering aan sy beginspan gemaak vir Saterdag se Curriebeker-eindstryd teen die Pumas.

Nqobisizwe Moxoli vervang Schalk van der Merwe, wat uit is weens harsingskudding. Die eindstryd skop Saterdag om 16:00 by die Toyota-stadion in Bloemfontein af. Die wedstryd word voorafgegaan deur die vrouespanne van die Vrystaat en SWD Arende wat om 12:00 speel.

Die Cheetahs speel Saterdag in hul 16de Curriebeker-eindstryd. Dit is die eerste keer dat hierdie twee spanne mekaar in ’n Curriebeker-eindstryd pak, maar die 33ste Curriebeker-kragmeting tussen die twee spanne.

Die Cheetahs het nege van sy vorige 15 Curriebeker-eindstryde voor hul tuisskare gespeel en vyf van die ses Curriebeker-oorwinnings in die Toyota-stadion gevier.

Dit is die derde agtereenvolgende keer dat die Toyota Cheetahs die voorreg het om in die Curriebeker-eindstryd in Bloemfontein te speel.

Die laaste Curriebeker-eindstryd in die Toyota-stadion was op 7 September 2019 teen die Leeus. Tian Meyer se span het met 31 – 28 gewen.

Die Cheetahs-span vir Saterdag se kragmeting:

  1. Nqobisizwe Moxoli
  2. Marnus van der Merwe
  3. Conraad van Vuuren
  4. Rynier Bernardo
  5. Victor Sekekete (K)
  6. Gideon van der Merwe
  7. Siba Qoma
  8. Friedle Olivier
  9. Rewan Kruger
  10. Ruan Pienaar
  11. Cohen Jasper
  12. Reinhardt Fortuin
  13. David Brits
  14. Daniel Kasende
  15. Tapiwa Mafura

 

  1. Louis van der Westhuizen
  2. Alulutho Tshakweni
  3. Hencus van Wyk
  4. Jeandre Rudolph
  5. George Cronjé
  6. Daniel Maartens
  7. Siya Masuku
  8. Robert Ebersohn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.