Eerste Liga-eindstryd: ʼn voorspelling is dwaas

Jonathan Mokuena

Jonathan Mokuena

Net ʼn dwaas sal dit waag om ʼn voorspelling te waag oor die uitslag van die Curriebeker se Eerste Liga-eindstryd tussen die Luiperds en die Griffons Vrydagmiddag op Olënpark in Potchefstroom.

Waar tuisveldvoordeel beslis in die Luiperds se guns sal tel, sal die Griffons vol selfvertroue in Potchefstroom aankom nadat hulle verlede week die Grens in Oos-Londen geklop het in hulle halfeindkragmeting.

En dít, sal vele spanne wat hierdie jaar stert tussen die bene uit Oos-Londen teruggekeer het jou vertel, is nie ʼn geringe prestasie nie.

Vir Jonathan Mokuena en Jeandré Rudolph, onderskeidelik afrigter en kaptein van die Luiperds, wink ʼn sonderlike prestasie indien hulle die Griffons kan troef. Hulle was ook aan die stuur van sake toe die Pukke die Varsitybeker vroeër vanjaar  omhoog gehou het. Hulle verstaan dus die druk wat met eindstryde gepaardgaan.

Mokuena, `n voormalige kaptein van die Blitsbokke, het net twee veranderinge aangebring aan die span wat verlede week die Valke se aanspraak op die kroon beëindig het. Hy het die gesoute Malherbe Swart op skrumskakel in die plek van Chriswill September en die 2015-kaptein Juan Language in die plek van die flank Jaco Jordaan ingesluit.

Daarteenoor het Oersond Gorgonzola, afrigter van die Griffons, sy span vir die eindstryd onveranderd gelaat.

Dis voorlangs waar die eindstryd gewen gaan word. Die span wat die vaste fasette oorheers, sal op die voorvoet wees. Slaag die Luiperds-haker Dane van der Westhuyzen daarin om sy springers in die lynstane te vind, sal dit ʼn platform skep vir gevaarlike agterspelers soos die vleuels Dean Gordon en Bradley Moolman om die veld vol te hardloop.

Gavin Annandale, kaptein van die Griffons, en sy troepe sal self voorlangs jag op die bal maak. Lê hulle die Luiperds voorlangs aan bande en die losskakel George Whitehead kry sy gevaarlike agterlyn met wedstrydwenners soos die senter Japie Nel en die driedrukmasjien Selvyn Davids aan die gang, sal die trofee ʼn tuiste in Welkom vind.

Die spanne –

Luiperds: Jaco Hayward, Dean Gordon, Juffrou Vermeulen, Johan Deysel, Bradley Moolman, Gene Willemse, Malherbe Swart, Jeandré Rudolph (kapt.), HP Swart, Juan Language, Walt Vermeulen, Stairs Mhlongo, Panda Dekker, Dane van der Westhuyzen, Roan Grobbelaar. Bank: Louis van der Westhuizen, Kabelo Motaung, Francois Robertse, Marno Redelinghuys, Jaco Jordaan, Chriswill September, Sandile Khubeka.

Griffons: Selvyn Davids; Vuyo Mbotho, Tertius Kruger, Japie Nel, Warren Williams, George Whitehead, Boela Abrahams, De Wet Kruger, Boela Venter, Vincent Maruping, Dennis Visser, Gavin Annandale (kapt.), Gerhard Engelbrecht, Khwezi Mkhafu, Danie van der Merwe. Bank: Elandré Huggett, Heinrich Roelofse, Boela Serfontein, Martin Sithole, Louis Venter, Joubert Engelbrecht, Duan Pretorius.

Afskop: Vrydag 16:00

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.