Eerste Liga: SWD laat Grens sommer groot skrik

Mxosile Banda - 16 punte. (Foto: EP Kings)

Mxosile Banda – 16 punte. (Foto: EP Kings)

Die Suidwestelike Distrikte (SWD) het die Grens Vrydag in Oos-Londen sommer groot laat skrik in `n verbete poging om vir die halfeindstryd in die Curriebeker- Eerste Liga in aanmerking te kom.

Die Arende het in die 65ste minuut sy rustydvoorsprong van 18-17 tot 24-17 gerek, voor die tuisspan wakker geskrik en die wedstryd in die 75ste 31-24 minuut beklink het.

Die Valke se sege van 50-20 oor die Welwitschias in Windhoek het verseker dat hulle die Arende verbysteek en uit die halfeind weer.

Eugene Jantjies het die tuisspan nog die eerste kwartier in die prentjie gehou, maar daarna het die besoekers oorgeneem en was rustyd 19-6 voor.

Dit beteken die Luiperds speel tuis teen die Valke in die een halfeindstryd, en die Grens is die Griffons se gasheer in die ander.

t Die gewese OP-speler Masixole Banda het op die ou end 16 van Grens se punte met `n drie, drie doelskoppe en `n strafdoel behaal.

In Windhoek het Charles Mayeza, Etienne Taljaard en Johan Potgieter elk `n tweekuns vir die Valke behaal.

Eugene Jantjies het al 20 die Namibiërs se punte met twee elk drieë, doelskoppe en strafdoele behaal.

Die punte –

Grens 31 (17) – Drieë: Athenkosi Khethani, Masixole Banda, Mbeko Kota, Onke Dubase. Doelskoppe: Banda (4). Strafdoel: Banda.

SWD 24 (18) – Drieë: Kurt Haupt, Luzuko Vulindlu. Strafdoele: Thomas Kean (3).

Welwitschias 20 (6) – Driee: Eugene Jantjies (2). Doelskoppe: Jantjies (2). Strafdoele: Jantjies (2).

Valke 50 (19) – Drieë: Anrich Richter, Charles Mayeza (2), Etienne Taljaard (2), Johan Potgieter (2), Reg Muller. Doelskoppe: Karlo Aspeling(3), Warren Potgieter (2).

Opgesomde punteleer –

Luiperds 25, Grens 22, Griffons 15, Valke 12, SWD 10, Welwitschias 2.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.