Eerste Liga: Voorste vier veg om eindstrydplekke

 

luiperdsDie onoorwonne Luiperds meet Vrydagmiddag op Olënpark in Potchefstroom kragte met die Valke in die eerste halfeindstryd van die Curriebeker Eerste Liga

Slaag die Potchefstromers met die kaptein Jeandré Rudolph en die strydosflank HP Swart aan die voorpunt daarin om besit by die afbreekpunte te beheer en hulle gevaarlike agterlyn met vinnige besit te voer, sal hulle aanstaande Vrydag in die eindstryd speel.

Maar die Valke sal hulle nie sommer soos ’n lam ter slagting laat lei nie. Die kaptein Jean Pierre Mostert is ’n ou kalant wat saam met die losskakel Karlo Aspeling die gang van ’n wedstryd in ’n oogwink kan verander.

Die spanne is:

Luiperds: Jaco Hayward, Dean Gordon, Juffrou Vermeulen, Johan Deysel,  Bradley Moolman, Gene Willemse, Chriswill September, Jeandré Rudolph (kapt.), HP Swart, Jaco Jordaan, Walt Vermeulen, Stairs Mhlongo, Panda Dekker, Dane van der Westhuyzen, Roan Grobbelaar. Bank: Wilmar Arnoldi, Kabelo Motaung, Dutchie Robbertse, Loftus Morrison, Marno Redelinghuys,  Malherbe Swart, Sandile Khubeka.
Valke: Coert Cronjé, Charles Mayeza, Andries Truter, Grant Janke, Etienne Taljaard, Karlo Aspeling, Johan Pretorius, Reg-Hack Muller, Ernst Ladendorf, Jean Pierre Mostert (kapt.), Marlyn Williams, Shane Kirkwood, Andries Schutte, Jan Enslin, Jacobus Strauss. Bank: Adriaan-Dwight Pansegrouw, Gihard Visagie, Jacques Alberts, Friedle Olivier, Anrich Richter, Warren Potgieter, Andrew van Wyk.

Afskop: Vrydag 17:00.

♦  In die tweede halfeindstryd, óók Vrydag, kom die Griffons teen Grens in die BCM-Stadion in Oos-Londen te staan.

Grens, wat die seisoen net een neerlaag in die Eerste Liga, dít teen die Luiperds, gely het, draf as die gunsteling op die veld. Maar in hulle agterkop sal hulle weet dat die Welkom-span nie onderskat kan word nie. Hulle beskik immers oor spelbrekers soos die heelagter Selwyn Davids wat die pad doellyn toe ken en `n wedstryd kan swaai.

Of dit egter genoeg gaan wees om Grens wat self wedstrydwenners soos die heelagter Masixole Banda en losskakel Oliver Zono het, op hulle tuisveld ore aan te sit, sal net die tyd leer.

Die spanne –

Grens: Masixole Banda, Siphosenkosi Nofemele, Lundi Ralarala, Lunga Dumezweni, Makazola Mapimpi, Oliver Zono, Bangihlombe Kobese, Johannes Janse van Rensburg, Siyabulela Mdaka (kapt.), Onke Dubase, Hendri Storm, Lindokuhle Welemu, Johannes Jonker, Mhjalo Mpafi, Blake Kyd. Bank: Mbeko Kota, Siyamthande Ngande, Billy Dutton, Lukhanyo Nomzanga, Sinovuyo Nyoka, Siphosethu Tom, Sonwabiso Mgalo.
Griffons: Selwyn Davids, Vuyo Mbotho, Tertius Kruger, Japie Nel, Warren Williams, George Whitehead, Yusuf Abrahams, De Wet Kruger, Boela Venter, Vince Maruping, Dennis Visser, Gavin Annandale (kapt.), Gerhard Engelbrecht, Kwezi Mkafau, Danie van der Merwe. Bank: Elandré Hugget, Heinrich Roelofse, Samoora Fihlany, Martin Sithole, Louis Venter, Joubert Engelbrecht, Duan Pretorius.

Afskop: Vrydag 19:00

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.